Edition / Uitgawe Dec 2021

World-class indoor cricket facilities at school will benefit entire Stellenbosch community

Paul Roos Gimnasium het met Remgro en die Universiteit van Stellenbosch saamgespan om ‘n binnenshuise krieketfasiliteit van wêreldstandaard op die skool se kampus, net langs die hoofkrieketveld, te ontwikkel. Die nuwe fasiliteite is pas voltooi teen ‘n koste van ongeveer R15 miljoen en sal deur al die partye benut kan word. Die gasspreker by die opening op 17 November was Gary Kirsten, wat ook die nette amptelik ingewy het. Kliek hier vir ‘n blik op die gebeure.

Kirsten het in sy toespraak die belangrikheid daarvan uitgelig vir jong spelers om aan hul vaardighede te skaaf eerder as om te veel in uitslae vas te kyk.

“Om ‘n binnenshuise sentrum te hê, maak baie dinge moontlik, maar ek dink die belangrikste is dat dit ‘n geleentheid skep om aan vaardighede te werk Dit is’n prioriteit op skolevlak.  Ek hou nie van skole-ranglyste nie, maar ‘n mens kry dit deurlopend dat skole hulle aan hul posisies op die ranglys meet. Ons leef in ‘n wêreld waar uitslae en ranglysposisies tans ‘n prioriteit is op skolevlak.

“Ek is nie ‘n aanhanger daarvan nie. Waarvan ek wel ‘n aanhanger is, is sentrums soos hierdie waar jy jou vaardighede kan ontwikkel, want dit is waaroor skoolgaan gaan. Dit gaan oor ontwikkeling, dit gaan daaroor om te leer hoe om die beste weergawe van jouself te wees, sodat jy daarna volwasse sport kan betree en leer hoe om die verwagtinge van vertonings en kompetisie te hanteer.

“Dit is goed om op skolevlak in kompetisies te wees, maar gebruik die geleentheid om te ontwikkel, het Kirsten gesê.

At the event, Prof Stan du Plessis, Chief Operating Officer of SU, said that “Funding from Remgro, SU and Paul Roos Gymnasium made this agreement possible. Construction of the new facility commenced early in 2021 and has now been completed, SU is extremely excited about the role this facility will play to raise the quality of cricket training in Stellenbosch” .

Mr André van Staden, the Rector of Paul Roos Gymnasium, “I am excited that we have developed this indoor cricket facility, which will add a lot of value to the school’s cricket programme. We are looking forward to work in partnership with SU and Remgro to create a new facility which students and the broader Stellenbosch community can utilise.”

According to Rob Benadie, Chief Executive Officer (CEO) of Stellenbosch Academy of Sport (SAS), “Investing in this project along with SU and PRG, will further enhance Stellenbosch’s reputation as a sport destination that caters for many sport codes,” he concluded.

The cricket nets will provide the practice needs for all styles of bowling.