Versinnebeelding van herkoms en groei

Hempies du Toit (1971), bekende oud-Springbok en wynboer en Awie Marais (regs) terreinbestuurder van Paul Roos by ‘n Kaapse Koraalboom wat Hempies vir die skool geskenk het.

Boomplantmaand in September het ‘n mens tot nadenke gestem.

Treffend is, byvoorbeeld, die simboliese ooreenkoms tussen ‘n instelling soos PRG en van die bejaarde akkerbome wat soos bakens langs Stellenbosch se strate staan: daar is volop geskiedenis; maar elke nuwe seisoen is daar ook weer nuwe groei. Instellings van waarde en bome moet gekoester word. As boomstamme eers uitgehol raak en die botsels bly weg, is die einde naby.

Continue reading Versinnebeelding van herkoms en groei

Voorsittersverslag / Chairman’s report

Geagte Old Boy

Met die einde van die derde vlaag van Covid in sig is dinge darem so soort van normaal… die nuwe normaal!

Ons het onlangs ons eerste interskole-gholftoernooi teen Paarl Gimnasium gespeel en ons het die louere gedeel met vyf wedstryde elk. Die dag het in ‘n uitmuntende gees afgeloop en beloof om ‘n jaarlikse instelling te word.

Gustav Potgieter en Joseph Huskisson
Continue reading Voorsittersverslag / Chairman’s report

Massa-reünie en AJV

“Kaartjies” vir die Massa-reünie is reeds uitverkoop.  Baie dankie aan almal wat hierdie geselligheid gaan meemaak.

Mev. Helene van Wyk, wat sedert 1969 betrokke is by Paul Roos, is vanjaar ons eregas.

Kindly note, the Mass Reunion will commence earlier as originally planned, now at 15:00 to one hour prior to curfew.

Top-toekenning aan Johan de Beer (1963)

Die Rudolf Krahmann-gedenkmedalje is onlangs toegeken aan dr Johan de Beer (1963). Hierdie gedenkmedalje is die hoogste toekenning wat Saga (die Suid-Afrikaanse Geofisiese Assosiasie / South African Geophysical Association) aan ‘n lid toegeken kan word. Dit word gegee vir ‘n uitsonderlike bydrae tot die beroep van Geofisika in Suid-Afrika deur navorsing, tegniese leierskap of diens.

Continue reading Top-toekenning aan Johan de Beer (1963)

Jordan Venter en Robbie Rodgers benut hul kanse oorsee

Min mense besef aldag watter opofferinge dit  verg van ‘n jong, belowende rugbyspeler, skaars uit die skoolbanke, om by ‘n professionele klub aan te sluit oorsee. Heinrich Rodgers, oud-Springbokstut, gee ons ‘n kykie in die lewe van sy seun Robbie (2020) se uitdagings by Montpellier, die roetine, aanpassing en ja, selfs die bemeestering van Frans waarin hy binnekort sy studies daar hervat. In Skotland het Jordan Venter (2020), ook al meer begin uitdraf vir sy nuwe klub Edinburgh.

Continue reading Jordan Venter en Robbie Rodgers benut hul kanse oorsee