Voorsittersverslag / Chairman’s report

Daar is waarskynlik geen beter toonvenster vir die gehalte van ‘n skool as sy Oudskoliere-Unie nie. My bors swel gereeld van trots wanneer ek verneem hoe ons Old Boys merkwaardige prestasies behaal—hetsy in die sakewêreld, akademiese omgewings of op die sportveld—en hoe hulle hul voetspore wyd en diep laat oor nywerhede en kontinente heen. Dit is ‘n eer om deel te wees van hierdie ryk nalatenskap, om suksesse te vier en diegene te onthou wat hierdie erfenis help vorm het. 

Sake – en Professionele Prestasies

Old Boys blink uit in korporatiewe raadsale en die finansiële wêreld en hou aan om hoogstaande vlakke van bevoegdheid en ambisie ten toon te stel. Justin Truter (2017) het byvoorbeeld onlangs sy staal getoon deur ‘n belastingkonsultant te word wat in oordragpryse spesialiseer. Leo Jay (2018) het ‘n gesogte aanstelling gekry as finansiële analis by Side Up in die VSA. Jacques Marais (2006) het hom by Steyn Kapitaalbestuur as senior kleinhandelbeleggingspesialis aangesluit, en Meyer Scholtz (2010) gee nou die toon aan as distribusiebestuurspesialis by BrightRockZA. 

Daar is ‘n sterk teenwoordigheid in die finansiële sektor met Jacques Groenewald (2011), wat ‘n konsultasie- en projekbestuursrol by Route to Market vertolk, en Quinton Brandon (2015), wat ‘n nuwe hoofstuk in sy loopbaan as besigheidsanalis by Pragma Global begin het. In die Verenigde Koninkryk (VK) is Schoeman Botha (2013) tot senior finansiële sakevennoot by Forvis Mazars bevorder. Pieter Fourie (1989) het ‘n FE Alpha Manager Rating vir 2025 ontvang wat hom onder die top 10% van fondsbestuurders in die VK plaas – ‘n uitsonderlike prestasie! 

In talle ander bedrywe maak Old Boys hul merk: Willem van Zyl (2013) is as finansiële bestuurder van Paardekop Vrugte aangestel; Tristan Fortune (2018) is nou ‘n senior assosiaat by PwC South Africa; en Dexter King (2010) is nou by TotalEnergies die Kommersiële Hoof van Suider-Afrikaanse Gas, Hernubare Energie en Krag. 

Gelukwense kom ook Ivan van der Merwe en Jacques Wolmarans (2014) toe, wat albei die SAICA Assessering van Professionele Bevoegdheid geslaag het en nou as geoktrooieerde rekenmeesters in Suid-Afrika kan registreer. 

Internasionale Sake-aanstellings 

Henry Fisk (1989) het ‘n bestuursrol by WA Farmers in Australië aanvaar. Dillon Ribeiro (2017) het hom by Investec se span vir energie- en infrastruktuurfinansiering in New York aangesluit. In die VK is Martin Kotze (2018) as Finansiële Bestuurder van die Finovate Group aangestel. 

Akademiese Uitmuntendheid

Die akademiese wêreld word steeds verryk deur alumni van PRG. Wynand Neethling (2019) het ‘n meestersgraad in masjienleer en kunsmatige intelligensie by Stellenbosch-universiteit behaal. In geneeskunde het Philip Hoffman en Kai Moors (2018) albei die graad MBChB met lof aan SU behaal, terwyl Kai boonop die beste finalejaarstudent was met ‘n indrukwekkende gemiddelde van 84%. 

Sportprestasies 

Op die sportfront is PRG se bydrae tot uitnemendheid voortgesit. Mark Lester (1995) het die ASA Vlak 1 Afrigtingskwalifikasie van Atletiek Suid-Afrika verwerf, en Andrew Rogers (1985) is nou hoofbestuurder van Bryanston Gholfklub. 

Rugby bly ‘n gesogte vesting vir ons Old Boys. Oliver Reid (2024), Riley Norton (2024) en Zeke January (2023) is vir die Junior Springbok-toer na Georgië gekies, terwyl Zeke January (2023) ook vir hom ‘n plek in die SA Rugby O19 Akademiespan verseker het. 

Hokkie is ook ‘n pilaar van uitnemendheid. Hans Neethling (2020) het in die span gespeel wat brons by die Binnenshuise Hokkie-Wêreldbeker behaal het, terwyl Reuben Sendzul (tans in Matriek), Andrew Hobson (2016), Niel Raath (2019) en Hans Neethling (2020) almal vir die SA Manshokkiegroep gekies is. 

Ons Olimpiaan Jamie Riddle (2018), wat goed gevaar het in die laaste Olimpiese Spele, deel nou sy inspirerende reis van dromer tot sportheld as motiveringspreker. 

Prestasies & Merkwaardige Besoekers

Professor Markus Reuter (1976) het Stellenbosch Universiteit vir die eerste keer besoek om sy naam op die Alumni Ere-doktorate-lys te sien. Emile Joubert (1980) het top eerbewyse verwerf as die algehele wenner van die 2024 Woordfees Kortverhaalkompetisie, terwyl Bernard Fick (1988) by die SU Raad aangesluit het as ‘n verteenwoordiger van die donateurs.

In die kulinêre wêreld het sjef Kobus van der Merwe (1998) van Wolfgat—Paternoster se bekroonde eetplek, wat in 2019 as die Beste Restaurant ter Wêreld aangewys is—die eer gehad om roosterkoek en soutslaai aan William, Prins van Wallis, voor te sit.

Tydens ons Senior Old Boys-middagete het ons gelag, herinneringe gedeel en opregte refleksies gehad oor die skool wat ons gevorm het. Terwyl ons vorentoe kyk, neem ons met trots besit van die Paul Roos Gymnasium-erfenis, vier die impak wat ons Old Boys steeds oor alle sfere maak, en bevestig ons ons toewyding tot hul voortdurende sukses.

In Memoriam 

Met groot hartseer bring ons hulde aan Old Boys wat oorlede is: 

  • Johann Nico Gerber (1953) 
  • Gideon “Deon” van Dyk (1958) 
  • Genl-maj Augustinus Koch “Tinus” De Jager (1960) 
  • Josua Pieter “Sarge” van Zyl (1963) 
  • Eben Kruger (1965) 
  • Johannes Wynand “John” Daneel (1966)
  • Paul Christiaan Louw (1968)
  • Danie Louis Steytler (1970) 
  • Petrus Jacobus “Pietie” Carinus (1974)
  • Dr Cornelius Jacobus “Boetie” Thiart (1976) 
  • Egbert Steyn “Eggie” Nieuwoudt (1978) 
  • Willem Jacobus “Willie” Engelbrecht (1980) 
  • Layne George Wilkens (2008) 
  • Daniël Fourie (2022) 

Spesiale Huldeblyk

Op ‘n persoonlike noot wil ek spesiaal na twee Old Boys verwys: 

Steven Kitshoff (2010), ‘n onverskrokke vegter van die moderne rugbyspel, wie se loopbaan deur ‘n nekbesering kortgeknip is, maar wie se invloed op die spel onmiskenbaar bly. 

Pieter-Jan Bestbier (1986), ‘n ware pilaar van die Paul Roos Oudskoliere-Unie, wie se toewyding oor dekades ‘n blywende impak gemaak het.  Hoewel baie bydra tot die sukses van Paul Roos Gimnasium en die Old Boys Unie, was min so konsekwent en toegewy soos Pieter-Jan, wat vir meer as 20 jaar in verskeie hoedanighede gedien het, insluitend as voorsitter van die OBU en herhaaldelik as tesourier. Met sy onuitputlike sorg en betrokkenheid het hy ‘n standaard van diens en toewyding gestel wat diep gerespekteer is. Sy teenwoordigheid, sy lojaliteit en sy onwrikbare vriendskap sal met groot verlange onthou word en bly voortleef in die nalatenskap wat hy met soveel passie opgebou het.

Paul Roos Gimnasium bly ‘n bakermat van uitnemendheid, en ons Old Boys laat steeds ‘n betekenisvolle impak op elke terrein. 

Vriendelike groete,

NILS FLAATTEN (1987)

VOPORSITTER: OUDSKOLIERE-UNIE 

————————————————————

Chairman’s report

There is probably no better showcase for the quality of a school than its alumni union. My chest often swells with pride when I learn how our Old Boys achieve remarkable achievements—whether in business, academic settings, or on the sports field—and how they leave their footprints wide and deep across industries and continents. It is an honor to be a part of this rich legacy, to celebrate successes and remember those who helped shape this legacy. 

Business and Professional Achievements

Old Boys excels in corporate boardrooms and the financial world and continues to showcase high-quality levels of competence and ambition. For example, Justin Truter (2017) recently showed his steel by becoming a tax consultant specializing in transfer pricing. Leo Jay (2018) got a prestigious appointment as a financial analyst at Side Up in the US. Jacques Marais (2006) joined Steyn Capital Management as senior retail investment specialist, and Meyer Scholtz (2010) now sets the tone as distribution management specialist at BrightRockZA. 

There is a strong presence in the financial sector with Jacques Groenewald (2011), who plays a consulting and project management role at Route to Market, and Quinton Brandon (2015), who has started a new chapter in his career as a business analyst at Pragma Global. In the United Kingdom (UK), Schoeman Botha (2013) was promoted to senior financial business partner at Forvis Mazars. Pieter Fourie (1989) received  an FE Alpha Manager Rating for 2025 which places him among the top 10% of fund managers in the UK – an exceptional achievement! 

Old Boys make their mark in many other industries: Willem van Zyl (2013) has been appointed financial manager of Paardekop Fruit; Tristan Fortune (2018) is now a senior associate at PwC South Africa; and Dexter King (2010) is now the commercial lead of Southern African Gas, Renewable Energy and Power at TotalEnergies. 

Congratulations also go  to Ivan van der Merwe and Jacques Wolmarans (2014), who both passed the SAICA Assessment of Professional Competence and can now register as chartered accountants in South Africa. 

International Business Appointments 

Henry Fisk (1989) took  on a management role at WA Farmers in Australia. Dillon Ribeiro (2017) joined Investec’s Energy and Infrastructure Finance team in New York City. In the UK, Martin Kotze (2018) was  appointed as financial manager of the Finovate Group. 

Academic Excellence

The academic world continues to be enriched by alumni of PRG. Wynand Neethling (2019) obtained a master’s degree in machine learning and artificial intelligence from Stellenbosch University. In medicine, Philip Hoffman and Kai Moors (2018) both obtained the degree MBChB with distinction at SU, while Kai was also the best final-year student with an impressive average of 84%. 

Sports Achievements 

On the sports front, PRG’s contribution to excellence continued. Mark Lester (1995) obtained the ASA Level 1 Coaching Qualification from Athletics South Africa, and Andrew Rogers (1985) is now general manager of Bryanston Golf Club. 

Rugby remains a sought-after stronghold for our Old Boys. Oliver Reid (2024), Riley Norton (2024) and Zeke January (2023) have been selected for the Junior Springbok tour of Georgia, while Zeke January (2023) has also secured him a place in the SA Rugby U19 Academy team. 

Hockey is also a pillar of excellence. Hans Neethling (2020) played in the team that won bronze at the Indoor Hockey World Cup, while Reuben Sendzul (currently in Matrics), Andrew Hobson (2016), Niel Raath (2019) and Hans Neethling (2020) were all selected for the SA Men’s Hockey group. 

Our Olympian Jamie Riddle (2018), who did well in the last Olympics, now shares his inspiring journey from dreamer to sports hero as a motivational speaker. 

Achievements & Notable Visitors

Professor Markus Reuter (1976) visited Stellenbosch University for the first time to see his name displayed on the Alumni Honorary Doctorates list. Emile Joubert (1980) took top honors as the overall winner of the 2024 Woordfees Short Story Competition, while Bernard Fick (1988) joined the SU Council as a donor representative.

In the culinary world, Chef Kobus van der Merwe (1998) of Wolfgat—Paternoster’s acclaimed eatery, crowned Best Restaurant in the World in 2019—had the honour of serving roosterkoek and soutslaai to William, Prince of Wales.

At our Senior Old Boys Lunch, we shared laughter, memories, and heartfelt reflections on the school that shaped us. Looking ahead, we take immense pride in the Paul Roos Gymnasium legacy, celebrating the impact our Old Boys continue to make across all spheres and reaffirming our commitment to their ongoing success.

In Memoriam 

It is with great sadness that we pay tribute to Old Boys who have passed away: 

  • Johann Nico Gerber (1953) 
  • Gideon “Deon” van (1958) 
  • Maj. Gen. Augustinus Koch “Tinus” De Jager (1960) 
  • Joshua Pieter “Sarge” van Zyl (1963) 
  • Eben Kruger (1965) 
  • John Wynand “John” Daneel (1966)
  • Paul Christiaan Louw (1968)
  • Danie Louis Steytler (1970) 
  • Petrus Jacobus “Pietie” Carinus (1974)
  • Dr Cornelius Jacobus “Boetie” Thiart (1976) 
  • Egbert Steyn “Eggie” Nieuwoudt (1978) 
  • Willem Jacobus “Willie” Engelbrecht (1980) 
  • Layne George Wilkens (2008) 
  • Daniël Fourie (2022) 

Special Tribute

On a personal note, I would like to make a special reference to two Old Boys: 

Steven Kitshoff (2010), an intrepid warrior of the modern rugby game, whose career was cut short by a neck injury, but whose influence on the game remains undeniable. 

Pieter-Jan Bestbier (1986), a true pillar of the Paul Roos Alumni Union, whose dedication has made a lasting impact over decades. 

Paul Roos Gymnasium remains a cradle of excellence, and our Old Boys continue to leave a meaningful impact on every site. 

Best regards

NILS FLAATTEN (1987)

CHAIRMAN: OLD BOYS’ UNION 

Chairman’s letter / Voorsittersboodskap

Time to share

Farewell to Frans van Niekerk

Full programme for term

With our mass reunion and several class reunions just around the corner, an exciting new quarter awaits us. Hope to see as many of you there as possible.

Welcome also to the new life and year members who recently joined us. The more of us there are, the stronger our alma mater becomes and the team spirit that is so essential to success.

Continue reading Chairman’s letter / Voorsittersboodskap

Chairman’s Letter / Voorsittersboodskap

As we approach the close of this year, it gives me immense pleasure to extend my heartfelt congratulations to all our esteemed Old Boys who have achieved remarkable milestones in their academic pursuits. Your dedication and hard work in attaining undergraduate and post-graduate qualifications at various universities across the country are commendable. We wish you every success in your future endeavors.

Continue reading Chairman’s Letter / Voorsittersboodskap

Chairman’s report / Voorsittersverslag

OBU Chairman Nils Flaatten

Reunions

Op Vrydag 22 September 2023 het die matrieks van 1958 hul 65-jaar-reünie gevier. Die groep is hartlik deur die rektor mnr. André van Staden in die J. F. Marais-Mediasentrum verwelkom en toegespreek. Die groep het ‘n skoolbesigtigingstoer geneem wat deur mnr. Dorfling Terblanche gelei is. Hierdie besonderse groep manne onder leiding van prof. James Joubert (1958) het daarna ‘n watertand-middagete by Markötter-Sportsentrum geniet. Die res van die middag het hul almal saam by Babylonstoren gekuier en die aand gesellig afgesluit by die Volkskombuis restaurant.

Continue reading Chairman’s report / Voorsittersverslag

OBU is forging ahead on all fronts

Chairman’s report / Voorsittersverslag

It is my pleasure to report back on the work of the Old Boys’ Union over the past months. As most of you are aware the Annual General Meeting (AGM), which include the adoption of the financial statements, and the four matric reunions (1963, 1988, 1993 and 2003) were held on the 19th of May – the weekend before the school played sport against Rondebosch Boys High School.

Continue reading OBU is forging ahead on all fronts

Chairman’s Letter

Die Paul Roos-gemeenskap het vanjaar ’n vroeë Kersgeskenk ontvang toe dit bekend gemaak is dat Jean Durand (2018 en Dux Student) met die Universiteit Stellenbosch Kanseliersmedalje vir sy harde werk en akademiese sukses bekroon is. Dit is ekstra spesiaal aangesien Jean, wat ‘n tweede generasie PRG Old Boy is, nou die 14de lid van die OSU is wat hierdie gesogte eerbewys ontvang en ons sal aansluit by Imperial College in Londen om ‘n Meestersgraad in datawetenskap te voltooi.

Continue reading Chairman’s Letter

Egte PRG tradisie leef voort!

Chairman’s Message | Voorsittersverslag

We want to thank all the Old Boys that attended the Annual General Meeting or Massa-Reunie on the 22nd of May. This year’s event was attended by 300 Old Boys and was slightly larger than last year’s AGM. The evening’s guest speaker was the award-winning financial journalist and Moneyweb editor, Ryk van Niekerk (1992), who also presents on RSG and hosts the Market Commentator podcast. Ryk gave an uplifting message on the political development in the country and Timothy Schultz (1991) was the Master of Ceremonies.

Continue reading Egte PRG tradisie leef voort!

Chairman’s Report / Voorsittersverslag

Met die eerste kwartaal van die nuwe akademiese jaar agter die rug, word die hoop onder die skoolseuns, onderwysers, ouers en ons (as Old Boys) al hoe groter dat 2022 die jaar gaan wees waarin die neerdrukkende Covid-19-maatreëls opgehef word. Ons het al reeds groot verligting met die oopstel van skoolgebeure en sportgeleenthede gesien.

Continue reading Chairman’s Report / Voorsittersverslag

Voorsittersverslag / Chairman’s report

Geagte Old Boy

Met die einde van die derde vlaag van Covid in sig is dinge darem so soort van normaal… die nuwe normaal!

Ons het onlangs ons eerste interskole-gholftoernooi teen Paarl Gimnasium gespeel en ons het die louere gedeel met vyf wedstryde elk. Die dag het in ‘n uitmuntende gees afgeloop en beloof om ‘n jaarlikse instelling te word.

Gustav Potgieter en Joseph Huskisson
Continue reading Voorsittersverslag / Chairman’s report

Voorsittersverslag / Chairman’s report

Geagte Old Boy

Ons hoop 2021 het goed afgeskop vir almal. Die Covid-pandemie maak dat ons almal nou “branderplankryers” moes word: ons lê almal in die see en wag vir die volgende golf om te kom.

Die gewag is egter nie ideaal vir beplanning nie en daar het nie iets noemenswaardig plaasgevind in die eerste kwart van die jaar nie, hoewel daar baie beplanning was. Die klasgroepe van 1971 tot 1975 is besig om ‘n Lenteloop en boomplantdag te reël in samewerking met Cape Nature. Al die Old Boys is welkom om saam te loop. Baie dankie aan die Lenteloopkomitee vir die reëlings.

Continue reading Voorsittersverslag / Chairman’s report

Voorsittersverslag / Chairman’s Report September 2020

V.l.n.r. Pieter Heyns, Gustav Potgieter, Herman Liebenberg en Giuseppe (Seppie) Ciucci

Geagte Old-boy

Die Covid-19 pandemie bly voorbladnuus en al was ons tydens hierdie skrywe op vlak 1 in Suid-Afrika, is  dinge nog ver van normaal. Dit was vanjaar baie moeilik om die OSU te bestuur en gesellighede soos die jaarlikse massareünie en klasreünies aan te bied.

Continue reading Voorsittersverslag / Chairman’s Report September 2020