Reflecting on a Busy and Successful Year

As we reflect on the past year, it has been a time of immense activity and remarkable achievements for Paul Roos Gimnasium and its extended community, particularly our Old Boys. The photo above shows learners leaving the school after their last paper with the 2024 Annual Report in their hands. This report will undoubtedly become an important reference for them in the future.

Net so is die Old Boys Nuusblog van groot waarde, met sy dekking sedert 2015 aan die prestasies van oudskoliere oor ‘n wye verspreiding van jaargroepe. Maak gerus gebruik van die verwysings onderaan elke berig na soortgelyke stories in die verlede om die geheue weer te verfris.

There are various ways our Old Boys can give back to their alma mater, such as becoming involved with the Paul Roos 150 Trust Fund and Klub 1000. These initiatives provide vital support for maintaining the school’s infrastructure and academic excellence and to strengthen the bond between us. Another example of how pleasure and commitment can be combined, is the highly successful golf and boules day hosted by the Old Boys Rugby Committee. We are eagerly anticipating the PRG Classic next year, which promises to be another fantastic event.

Sukses word nie net gemeet aan trofeë en toekennings nie, maar aan die groei en ontwikkeling van ons studente, die versterking van ons gemeenskapsbande en die blywende nalatenskap waaraan ons bou. Dit gaan oor ‘n oupa en kleinseun wat ‘n passie vir rugby deel, vier Old Boys wat ‘n nasionale groep vir prestasie-ontwikkeling in hokkie haal, ‘n talentvolle jong man wat belangrike besluite oor sy toekoms moet neem, ‘n professor wat danksy sy toewyding aan sy student met ‘n eredoktorsgraad vereer is en ‘n fietsryer wat na sy te vroeë dood onthou word as digkuns in beweging.

As we look forward, we are reminded that the journey is just as important as the destination. The values we uphold, the relationships we forge, and the impact we make on those around us are the true markers of success. Let us continue to celebrate each other’s efforts, support one another, and remain united in our pursuit of excellence. Here’s to another year of growth, achievement, and shared purpose.

Geseënde Kersfees en Voorspoedige Nuwe Jaar! Matrieks, ons hou vir julle duim vas.

Dit gaan oor oomblikke soos dié

Wouter van den Heever (1985) se video https://youtu.be/-CKNYfI-OXE?si=E7c2t4cpCP5Vxl2a vang die gees en die glorie van die interskole teen Grey College briljant vas. Dit is nie net die rugbyspelers en die leerders maar ook die Old Boys wat deur ‘n uitmuntende prestasie meegesleur en saamgesnoer word met die sing van die skoollied en die Jolla Bolla. Dankie Wouter!

In this edition of the Old Boys News Blog, there’s much to share and reflect upon. However, there are also important calls to action: contribute to creating excellent learning environments at the school by donating toward the installation of centralized air conditioning systems, and participate in the upcoming Old Boys’ golf days, all in support of a worthy cause.

Kyk ‘n bietjie wie was by die massa-reünie en die spesiale klasreünies van 1964, 1974, 1979 en 2019. Bespreek nou vir die senior middagete as jy kwalifiseer.

There is an interesting story from our archives about the first Old Boy who was selected to play international rugby for another country.

Daar is ook hartseer om te deel: ‘n ware legende in die wynbedryf wat ons gegroet het en die heengaan van ‘n man wat nie hier op skool was nie, maar met sy sewe seuns en twee kleinseuns ‘n groot impak op die skool gemaak (asook met sy betrokkenheid).

Hope you will enjoy this edition. Your feedback will be appreciated.

Rugby is in die DNA van PRG

Daardie laaste honderd treë van die verhoog na die deur van die saal onder die ritmiese applous wat net by ‘n seunskool gehoor sal word, moes seker vir PRG se uittredende adjunk-rektor Frans van Niekerk ‘n bittersoet moment in sy lewe gewees het. Hoe hy regop gebly het en of hy deur emosie oorweldig is, is vrae wat net hy kan antwoord.

But one thing is for certain, as pointed out in Nils Flaaten, OBU chairman’s video message, Frans made huge imprints on the schools’s academic and sport record in the more than 35 years that he served here as teacher, also on Nils’ and other Old Boys’ lives. “Jy het ‘n legende geword!”

Continue reading Rugby is in die DNA van PRG

‘n Skool van geleenthede

Met drie Old Boys wat ons land tans in die Rugby-Wêreldbekertoernooi verteenwoordig, gaan dit niemand verbaas dat die klem in hierdie nuusblog op sport val nie. Dit is nog te vroeg om blydskap of teleurstelling uit te spreek, maar wat alle Paul Roosers weet, is dat dit nie eintlik oor wen of verloor gaan nie. Dit gaan oor balans in jou lewe en ons glo almal dat ‘n gesonde liggaam ‘n gesonde gees huisves.

Continue reading ‘n Skool van geleenthede

Verjaardagviering weerspieël skool se kultuur

This year’s celebration of Paul Roos Gymnasium’s birthday had a special ring to it. Although at 157 it was not a milestone event, the attendance of members of the 1973 Matric Class in Stellenbosch for their jubilee celebration, speeches by the then head boy Skip Krige and esteemed journalist and author Pieter du Toit (1997) and a wreath laying at the statues of the founders of the school created gravitas.

Continue reading Verjaardagviering weerspieël skool se kultuur

Touching the door header

There seems to be a mystery about why young men like touching the door header when they leave a building, but somehow this just seems to be the right thing to do when you greet your school for the last time as a learner with the Annual Report in your hand. The ability to do that can be regarded according to one explanation as an athletic victory or discovering a superpower, but probably it just shows that you have grown physically and emotionally since entering the school five years before. 

Continue reading Touching the door header

Die spiraal kring al hoe wyer uit

‘n Mens is geneig om aan die einde van ‘n skooljaar wanneer die laaste eksamens geskryf en projekte, soos die bou van ‘n nuwe sportfasiliteit of ‘n koshuis afgehandel word, in terme van ‘n siklus te dink, maar in Paul Roos Gimnasium se geval is dit dalk eerder ‘n spiraal wat met elke ring wat voltooi word al hoe wyer uitstrek.

Continue reading Die spiraal kring al hoe wyer uit

Versinnebeelding van herkoms en groei

Hempies du Toit (1971), bekende oud-Springbok en wynboer en Awie Marais (regs) terreinbestuurder van Paul Roos by ‘n Kaapse Koraalboom wat Hempies vir die skool geskenk het.

Boomplantmaand in September het ‘n mens tot nadenke gestem.

Treffend is, byvoorbeeld, die simboliese ooreenkoms tussen ‘n instelling soos PRG en van die bejaarde akkerbome wat soos bakens langs Stellenbosch se strate staan: daar is volop geskiedenis; maar elke nuwe seisoen is daar ook weer nuwe groei. Instellings van waarde en bome moet gekoester word. As boomstamme eers uitgehol raak en die botsels bly weg, is die einde naby.

Continue reading Versinnebeelding van herkoms en groei

Hoe om optimisties in moeilike tye te bly

Dit raak nogal moeilik om inspirasie en bemoediging te vind wanneer die moeilikheid nie wil wyk nie. Die Covid-19 pandemie het nou soos ‘n bullterriër geword wat sy tande ingeslaan het en nie wil laat los nie. Hoe gaan ‘n mens uit hierdie ding kom en wat gaan die uiteindelike nagevolge wees? Tyd sal wel leer, maar as jy aanhoudend vorentoe beur, gaan jy eendag skielik besef jy is anderkant uit en alles is oor.

Hopefully, this edition of the news blog will help to grow optimism.

Continue reading Hoe om optimisties in moeilike tye te bly

Getuigskrifte waarop ‘n mens kan trots wees

Merkwaardige stories word in hierdie uitgawe van die PRG Old Boys Nuusblog – die eerste van 2021 – vertel, waarvan een ‘n kragtige getuigskrif vir ons Alma Mater as opvoedkundige instelling is: Anton Müller se boek Ek Onthou – ‘n Outistiese seun se Lewensreis. Dis ‘n monumentale werk vir iemand wat op ouderdom drie as onopvoedbaar verklaar is, maar tog sy plek in die samelewing kon volstaan danksy ‘n moeder se onwrikbare geloof in hom en ‘n skool wat haar deur dik en dun ondersteun het.

In the obituaries you can also read about the inspiring lives of Prof Vincent Brümmer, one of the greatest theological philosophers of our time, Prof Christopher Heywood, who opened up the treasure chest of African literature to English students, and Dirk Oosthuizen, a former Deputy Mayor of the Winelands District Municipality who served the communities where he lived in an extraordinary way.

En in die agtergrond is daar onderwysers, soos wyle Werner van Rensburg, wat help om te vorm en te skaaf aan sulke produkte.

Congratulations to the 2020 Matrics on their excellent results. Get more information and the pictures of all those who achieved an aggregate A. As we all know sport and culture are as important as the academy and there is great news about a joint venture between PRG and the Stellenbosch University to develop state of the art indoor cricket facilities.

Ons is trots op Nic de Jager, wat deur KykNet Fiestas vir sy lewenswerk vereer is, en Jean Meiring wat aangewys is as voorsitter van die Taalmonumentraad vir die volgende drie jaar.

Covid 19 precautions are still hampering our activities, but at least there is the annual PRG Classic Golf Day at the end of May to look out for.

Daar is nog vele meer om die lyf van hierdie uitgawe. Lekker lees en terugvoering sal waardeer word.

Laaste hupstoot nodig om van 2020 ook ʼn sukses te maak

Ons weet almal dat 2020 ʼn moeilike jaar was. Die Covid 19-pandemie woed nog steeds voort en groot nuwe infeksies kom plek-plek voor, maar dit is veral op ekonomiese gebied waar die impak gevoel word. Ook in ons opvoedingstelsel was daar groot uitdagings, maar tog voel ons optimisties en is daar dalk net ʼn hupstoot uit ons geledere nodig om die wa deur die drif te trek.

Continue reading Laaste hupstoot nodig om van 2020 ook ʼn sukses te maak