Laaste hupstoot nodig om van 2020 ook ʼn sukses te maak

Ons weet almal dat 2020 ʼn moeilike jaar was. Die Covid 19-pandemie woed nog steeds voort en groot nuwe infeksies kom plek-plek voor, maar dit is veral op ekonomiese gebied waar die impak gevoel word. Ook in ons opvoedingstelsel was daar groot uitdagings, maar tog voel ons optimisties en is daar dalk net ʼn hupstoot uit ons geledere nodig om die wa deur die drif te trek.

Continue reading Laaste hupstoot nodig om van 2020 ook ʼn sukses te maak

2020 Matrieks sluit by Old Boys aan

In die Voorsittersboodskap meld Gustav Potgieter dat die Klas van 2020 nou die rekord hou vir die meeste volopbetaalde lede van die Paul Roos Gimnasium se Oud-skoliere-unie. Altesame 70 van hulle het as lewenslede aangesluit en nog 16 as 3-jaarlede, wat hul totale lidmaatskap op 86 te staan bring.

Die Oudskoliere-unie is besonders dankbaar teenoor hierdie nuwe Old Boys. Hul meelewing en voorgesette betrokkenheid by hul skool is aansteeklik.

Continue reading 2020 Matrieks sluit by Old Boys aan

Tiaan Whelpton (2018) building an athletics career in New Zealand

Dit was lekker om onlangs ʼn e-pos te ontvang van Tiaan Whelpton (2018), wat tans aan ʼn belowende atlektiekloopbaan in Nieu-Seeland bou. Tiaan skryf dis ʼn wonderlike voorreg om deel te wees van die Paul Roos familie en hy sien uit daarna om te kom kuier waneer hy in Suid-Afrika reis.  Semper Splendidior! Ons deel graag die res van sy storie.

Continue reading Tiaan Whelpton (2018) building an athletics career in New Zealand

See en Sand word 50 en hou reünie

Volgende jaar vier See en Sand hul vyftigste bestaansjaar en menige Old Boys wat hul lewensreddingskampe op skool bygewoon het,  sal seker graag hul reünie in April wil meemaak. In die 49 jare sdert 1971 is meer as 20 000 tieners opgelei as  lewensredders, 14 000 mense uit die see gered en meer as 32 000 noodhulpgevalle behandel.

See en Sand is turning 50 next year and we invite you to celebrate our half-century with us over the Easter weekend: 2-4 April 2021. All are welcome, you do not have to be an old boy- or girl. Come reminisce or bring a future See en Sander along to see what it is all about.

Continue reading See en Sand word 50 en hou reünie

Cambridge MBA has been a life-changing experience

Twee Old Boys en oud-Maties het onlangs  die oog gevang toe hulle ʼn deurslaggewende rol gespeel het in die Universiteit van Cambridge se krieketspan se oorwinning oor Oxford op 6 September 2020. Pieter Daneel (2005) en Niel Botha (2013) het vir die Cambridge Blues in hierdie tradisionele jaarlikse wedstryd gespeel. Niel het ook Cambridge in gholf verteenwoordig.

Continue reading Cambridge MBA has been a life-changing experience

My Paul Roos Gimnasium-ervaring (1973-1977)

Jacobus (Koos) van der Riet (1977)

Dit neem dalk dekades voor ʼn mens ʼn gebalanseerde waardasie van ʼn skoolervaring kan hê, om die goeie waarvoor ʼn mens blind was of as vanselfsprekend ervaar het, werklik te waardeer. Daar was destyds ook wel ʼn gesonde skeptisisme onder heelwat leerlinge oor alles wat hoog opgee en gevolglik was sommige van ons nie so opgewonde oor en trots op die PRG-handelsmerk as wat miskien vandag die geval is nie. 

Continue reading My Paul Roos Gimnasium-ervaring (1973-1977)

Paul Roos lewer steeds die meeste rugby-Springbokke

Op die lys van skole wat die meeste Springbokke opgelewer  het, loop Paul Roos Gimnasium nog gerieflik voor. Hieronder is die 15 skole waar die meeste spelers vandaan kom.

Onlangs het Kyle Wolhuter (2019) ook die Stormers verteenwoordig op die rugbyveld. In AWSUM School News verskyn die volgende berig hieroor: 

Continue reading Paul Roos lewer steeds die meeste rugby-Springbokke

Old Boys partnership leads management of Western Cape Environmental Affairs and Development Planning

Omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning in die Wes-Kaap staan al geruime tyd onder die leiding van twee Old Boys. In hierdie artikel kyk ons na die merkwaardige loopbaangeskiedenis van Anton Bredell (1983), Wes-Kaapse Minister van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning, en Pieter van Zyl (1973), die hoof van daardie departement.

Continue reading Old Boys partnership leads management of Western Cape Environmental Affairs and Development Planning