PRG 1980 matrikulante kuier saam op Somerbosch op 20 September 2025

Agter van links staan Jan van Wyk, rector Jannie de Villiers, Bennie Stander, Jeff Wedgewood, Christiaan Jonker, Deon van Eeden, Charl kershoff, Rob Reinecke, Tertius Carinus, Graham Rosendorff, Pieter Dempers, Hans H, Christo Kilian, Gerhard Giliomee en Marius Roux. Sittende is Fanie Viviers, Kim Lord, Connie de Beer, Michael Dipaola, Steve Cilliers, Arnaud Malan en Ferdi Krige. Heel voor op die vloer is Johan Loubser en Christo Rust.

Vanjaar was dit 45 jaar sedert ons 1980 matriekgroep vir die laaste keer ons skoolklere uitgetrek het. Dit voel soos gister wat Sparks ons laat bloed sweet het (en maniere geleer het!), Bom Booysen en mnr de Vries die hel uit ons geslaan het en tant Fith so hard probeer het om liefde vir lees by ons te kweek. 

Dit is seker nie vreemd dat daar op ‘n 45 jaar reünie maar redelik min gepraat is oor wat oor die afgelope 45 jaar in elkeen se lewens gebeur het, daar was baie meer gesels oor ons skooldae en wat daar beplan word vir die toekoms. Party van ons het al afgetree en dalk ‘n motorfiets of aftreeplek gekoop, ander is weer bittereinders, wat verkies om nog vir jare dieselfde werkspad te bly loop. Ou vriendskapbande is weer gesmee, tot met sommige wat ons OSU al lankal as “deceased” gemerk het!

Baie dankie vir klasmaat Marius Roux, wat ons gasheer was op sy plaas Somerbosch. Dankie ook aan ons nuwe rector, Jannie de Villiers, wat met ons kom praat het oor ons skool se onlangse prestasies (verstommend!) en uitdagings. 

Dit was interessant om te hoor hoe leerlinge deesdae gekeur word om ‘n graad 8 plek te bekom by Paul Roos. Net een uit ses aansoekers is suksesvol (1 500 aansoeke jaarliks vir ‘n maksimum van 250 plekke) en die gevoel was dat as die keuring so streng was vir 1976 se PRG inname, baie min van ons vandag hier as oud Paul Roosers sou gestaan het!

Oor vyf jaar is dit ons groot halfeeu reünie en dit beloof om ‘n groot geleentheid te wees. Ons hoop is om weer baie van julle daar te sien. Volg gerus ons Facebook groep (Paul Roos 1980 Matrix) en WhatsApp groep tot ons weer sien.

Gerhard Gilomee (1980)

Soos in die ou dae word daar aandagtig geluister as die rektor praat.
Ontbyt rondom die “langtafel” op Somerbosch.

Teken solank aan in jou dagboek

Op die OSU se inligtingblad word inligting oor reünies, sportdae, AJV, dinee’s, ensovoorts aan alle Old Boys gekommunikeer. Teken asseblief aan of registreer om deel te neem. Kliek hier!

We urge you to log in or register to update your own information, inorder to stay informed of reunions and other festivities. By logging in you will also be able to network with other Old Boys, participate in our forum discussions, view our online calendar, advertise your products or services or buy from our online shop.

GESELLIGHEDE:

  • RUGBY: PRG VS STELLENBERG (MARKÖTTER) 7 Jun’25
  • RUGBY: RONDEBOSCH (MARKÖTTER) 26 Jul ‘25
  • LENTELOOP 18 Okt ‘25
  • PRG MASTERS GOLF 27 Oct ‘25
  • RUGBY COMMITEE GOLF DAY, STELLENBOSCH GOLF COURSE 13 Nov ‘25

SENIOR OLD BOYS LUNCH 7 Nov ‘24

Seniors se middagete lekker gesellig

Die jaarlikse Senior Old Boys’ midddagete, wat op Vrydag, 8 November 2024, by Markötter plaasgevind het, was weer eens ‘n reuse-sukses met hope pret… maar soos dit met sulke dinge gaan, het die stories net daar in die lokaal agtergebly.

Die foto’s moet die verhaal die keer vertel. Dit lyk sommer baie lekker en gesellig.

Iemand wou weet wie die ete mag bywoon. Lede van al die jaargroepe tussen 1950 tot 1969 is genooi, maar moes vir hulle en hul gades voor of op 4 November bespreek.

PRG OBU Rugby Committee Golf (and Boules) Day: A Great Success

On Thursday, 14 November, the PRG OBU Rugby Committee hosted an exceptional day of golf at the Stellenbosch Golf Club. With 144 golfers taking to the course, the action was intense, but a range of prizes and refreshment stations kept the players motivated throughout the day. The event aimed to celebrate a special rugby season and contribute to the continued success of the team both on and off the pitch.

The four-ball package, priced at R5500, included a delightful dinner, during which an entertaining auction helped boost the club’s funds. The PRG OBU Rugby Committee extends sincere gratitude to all the supporters and sponsors who made this event possible.

Thank you to everyone who contributed to making the first PRG OBU Rugby Committee Golf Day Ladies Boules on the same day at the same venue a reality!

Have a look at the photos by clicking here.

Old Boys van 1964 vier hul 60 jaar-reünie saam

Staande van links: Jon Kotze, Chris le Roux, Amie van der Westhuizen, Jan Joubert, Maxwell van der Gaast, Arthur Wilding, Johannie van Niekerk, Pieter Schoeman, Gerhard Schröder,  Rupert Redding-Jones en Kallie Helm;
Sittende van links: Doempie Swartz, Malcolm Steer, Reinhard Meyer en Steph du Toit.

Om die 60-jaar-reünie van Old Boys by Paul Roos te kon bywoon, was ‘n besondere mylpaal. Baie lede van die klasgroep was al van standerd 1 (deesdae graad 3) by LPR saam – dus 10 jaar. Van hulle was vir substanderd A en B (huidige graad 1 & 2) in Bloemhof, Rhenish of Denneoord (1953 -1954). Dit was hul enigste ervaring gewees om saam met dogters te kon skoolgaan.

Volgens die eerste klaslys was daar 103 leerders in die matriekgroep van 1964, maar op die matriekfoto is daar slegs 98. Tans is daar 37 op die klaslys. Slegs 15 kon dit bywoon. Twee kon dit nie bywoon nie as gevolg van mediese redes en twee as gevolg van ander afsprake.

Hulle het betaal, maar omstandighede het dus verhoed dat hulle kon bywoon. Die betaalde bywoning was 51,4% Dit is uitstekend, want ‘n reünie word as ‘n sukses beskou as die bywoning 40% is.

Die reünie is op 18 April 2024 gehou in die Markötter-Suite, waar Helene van Wyk weer eens die geleentheid met haar verruklike spyseniering ‘n feesmaal gemaak het. Daar was genoeg wyn en ‘n oop kroeg, wat alles uit skenkings gedek kon word.

Die aand was so ‘n sukses dat daar besluit is om meer gereeld as elke vyf jaar bymekaar te kom. Die gevoel is dat gereelde informele funksies gereël moet word eerder as vyfjaarreünies.

“MAG DIE WêRELD ‘N BETER PLEK WEES AS GEVOLG VAN DIE FEIT DAT JY GELEEF HET”

Oktober 1964 – Op agterblad van ons afskeidsboekie.

Edward (Junior) Smuts

Klas van 1974 vier hul 50ste reünie in styl

Die matrieks van 1974 het ‘n lang pad gekom sedert vyftig jaar gelede. Geen wonder nie  dat hulle toe besluit om dié merkwaardige geleentheid oor vier dae uit te rek, van 17 tot 20 April!

Op die Woensdagaand het die manne afgeskop met ‘n steakbraai en heerlike bykosse soos net die nimlike Helene van Wyk kan reël.  By Markötter is daar tot laatnag oor die ou dae gesels.

Read more: Klas van 1974 vier hul 50ste reünie in styl

Donderdagoggend vroeg het ‘n klompie dapper stappers vergesel van hul vroue en vriendinne op Mooiplaas in die Bottelary-heuwels gaan stap waar Tielman Roos hul vertel het van sy renosterveld-bewarea. Agterna het Tielman en wynmakerlegende Gary Baumgarten van die spesiale Mooiplaas-wyne laat proe. Die dag is afgesluit met ‘n  potjiekos-kuier rondom lang tafels.

Die volgende dag is van die manne terug skool toe, ‘n saalbyeenkoms bygewoon en ook die skoolterrein gaan bekyk en teruggedink aan hul dae en wat alles intussen verander het.

Ons klas was en is bevoorreg om familie-wynmakers in die distrik te hê.  Laatoggend is ‘n besondere wynproe op Simonsig deur Johan Malan, jonger broer van Francois, aangebied. ‘n Uitgerekte ligte middagete het daarna gevolg. Weer eens was gades welkom.

Vrydagaand het die manne by die Stellenbosch-gholfklub tot laat gesellig gekuier, oor ‘n uitstekende tweegangete en topwyne daarby.

Saterdag was ons bevoorreg om te sien hoe Paul Roos Boishaai op Markötter afransel. Wat ‘n bulspan het Paul Roos nie vanjaar gehad nie!

Sedert ons 20jaar-reünie is dit nou al tradisie om elke reünie af te sluit met ‘n dinee op Simonsig, gades soos altyd by en dit was weer  die hoogtepunt van die reünieweek. Na ‘n  driegangete het ‘n veiling van topwyne van ons klas se wynmakers  in ‘n wynsak met die 50jaar-embleem  sowat R35 535  opgelewer, oorgenoeg vir ekstra uitgawes aangegaan in die week en die res van die bedrag is geskenk aan die OSU.

Dit was ‘n belewenis om hierdie besondere reünie te kon bywoon en met ou kamerade en les bes, oud-onderwysers soos George Doc, Dawid Taylor en Neil du Toit, herinneringe op te diep en, nou sien almal reeds uit na ons volgende reünie.

Hugo Truter, namens die reëlingskomitee

Die verhaal van ‘n suksesvolle 50jaar-reünie in beeld: begin met ‘n steakbraai op Markötter, verken die renosterveld op Mooiplaas, proe wyn op Simonsig, kyk wenrugby en eet, drink en gesels wanneer jy kan.

Somerbosch vir Klas van 1979

Die amptelike spanfoto van die Klas van 1979 is by Somerbosch op die Vrydagaand
geneem. Agter staan van links Andre Brink, Marius Bredell, Adriaan Niemand,
Johan Kroes, Piet de Bruin, Wilbert Basson, Ianne Venter, Johan Stander, Matie
Marren, Johan van Deventer, Basil Liebenberg, Saul du Toit, Max Schwieger, Danie
Theron, Anton Schonees, Hein Garbers en Jannie Hanekom; in die middel van links
kniel Francois Loedolf (kniel), met Meaty de Frankie, Bertud Hugo, Poena van
Niekerk, Quinten Smit, Anton Loubser, Johan Roos en Minnaar Carinus langs hom;
voor van links is Nico Redelinghuys, Rudi Krige, Hannes Erasmus, Theron Niemand,
Jacques Louw, Vincent du Toit en Eberhard van Niekerk.

Op die volgende foto is die eerstespanvoorry van 1979: Theron Niemand, Minnaar
Carinus (reserwehaker vir Renaldo Cronje RIP) en Poena van Niekerk.

Senior Old Boys Lunch on 8 November

The Senior Old Boys Lunch will take place at 12:00 on Friday 8 November 2024 in the Markötter Long Room. Please send enquiries to oldboys@paulroos.co.za.

Die Senior Oud-Skoliere Middagete vind op Vrydag 8 November 2024 om 12:00 in die Markötter Long Room plaas. Stuur asseblief navrae aan oldboys@paulroos.co.za.

Massa-reünie-naweek gaan vanjaar besonders gewild wees

Kom kuier vanjaar saam met jou klasgroep wanneer verskeie reünies saamval met die jaarlikse massa-reünie op 19 April 2024 in die PRG-sentrum.  Dit beloof om ‘n heel gepaste naweek vir kameraadskap en geborgendheid te wees aangesien dit ook die naweek is waartydens PRG en HJS  kragte sal meet. 

Kliek hier vir meer inligting

Koop jou Dinee-kaartjie hier:  https://prg.alumnet.co.za/Event/MASSA-REUNIE-2024

Die volgende klasgroepe is besig om hul reünie-reëlings te tref:

1958 (66 jaar)19 AprilJohan de Villiers
1959, 1960 & 196112 – 13 MaartGawie Eksteen
1964 (60 jaar)18 – 19 AprilEdward  Smuts
1974 (50 jaar)17 – 19 April Hugo Truter
1979 (45 jaar)16 – 17 AugustusQuinten Smit
1984 (40 jaar)19 – 20 JulieAndré Cilliers
1994 (30 jaar) 18 – 19 AprilDean Venter
2004 (20 jaar) 18 – 19 AprilPhilip Venter
2009 (15 jaar)16 – 17 AugustusJohan Conradie
2014 (10 jaar)15 – 17 AugustusCalvin Nell

Rig navrae aan oldboys@paulroos.co.za