Voorsittersboodskap / Chairman’s message March 2016

Geagte Old Boys

Ons alma mater het sy feesjaar vandeesmaand afgesluit met ʼn massa-reünie wat deur 530 mense bygewoon is en ʼn gholfdag en -veiling wat ʼn allemintige R1,4 miljoen vir die 150 Trust opgelewer het. Jaco Durand, Arend de Waal en die res van hul span verdien ʼn hartlike woord van dank en gelukwense!

Continue reading Voorsittersboodskap / Chairman’s message March 2016

Hoe weet jy hy was in Paul Roos op skool?

Cornelia de Kock, Van Alle Kante in Die Burger 15 Maart 2016

Cornelia de Kock het in 1990 een kwartaal in die plek van mnr. Henry Ekron waargeneem (Afrikaans en Geskiedenis) en in 1993 in die plek van mnr. Bill Moolman (Geskiedenis). Haar seun, Johan de Kock (matriek 1992), is ʼn baie lojale old boy wat in 2009 ʼn doktorsgraad in Finansiële Wiskunde aan die Universiteit van Kaiserslautern in Duitsland behaal het.

Continue reading Hoe weet jy hy was in Paul Roos op skool?

ʼn Baken van hoop vir die volgende anderhalfeeu

Dit is onmoontlik om ʼn preek, die atmosfeer van die oomblik, die musiek en veel meer in 600 woorde weer te gee. Tog waag ons dit om hier enkele hoofsinne uit die boodskap van DR BRAAM HANEKOM by die Feesdiens op Sondag 28 Februarie 2016 aan te haal. Noem dit maar ʼn “verlengde twitter- weergawe” van die boodskap.

Continue reading ʼn Baken van hoop vir die volgende anderhalfeeu

Neem ons op vlerke

Die OSU het onlangs die opbrengs van die 150-duifveiling en –wedvlug, waaroor ons in die vorige nuusbrief berig het, aan die 150-Trustfonds geskenk. Dié geleentheid is deur Tokkas van Heerden (1985) en ʼn span medewerkers van Karoo Vleisboere op Victoria-Wes gereël. Daar is nie net heerlik saamgekuier nie, maar die old boys het ook hul beursies oopgemaak om saam ʼn bedrag van nie minder nie as R492 890 aan die Trust te skenk. Dankie vir almal se bydraes. Op die foto staan van links Arend de Waal (150 Trustfonds-trustee ), Tokkas en Gustav Potgieter (voorsitter van die OSU).

Rugbyspan 1880: Ons soek die stories van weleer

Mariena Kotzé of the PRG Archives was so fascinated by the oldest photograph of a Stellenbosch rugby team that she spent some time working through old documents to find out more about the members of this team. In this way she could establish that all of them were either senior students or old boys of the Stellenbosch Gymnasium. At that stage the Arts Department, founded in 1874 and forerunner of the Stellenbosch University, was part of the school. Some of the old boys were busy with their theological training at the Dutch Reformed Church’s Seminary in the town. This information led to the decision to let the first rugby team of Paul Roos Gymnasium play in striped jerseys in home games during the 150 Festival Year. She takes the story further:

Continue reading Rugbyspan 1880: Ons soek die stories van weleer