Already settled and in charge

After only a few months it seems that our new rector, Mr André van Staden, is at home and taking charge of our alma mater’s future. In this issue of our Old Boys’ news blog he tells editor HUGO TRUTER (1974) more about his interest in the full development of young people and what he wants to reach with Paul Roos Gymnasium as the 16th headmaster of this proud school.

Ons het ook die hartseer nuus verneem dat Uncle Bob Sainsbury kort voor sy 103de verjaardag oorlede is. Hy was ′n merkwaardige mens wat graag kontak gehou het met die skool, en dit nogal met moderne tegnologie waarvoor meeste ouer mense terugdeins. Maar ons kan baie uit die lewe van hierdie ware heer leer. Lees gerus die gedenkskrif oor hom.

Hierdie nuusbrief is weer eens propvol interessante stories en ons sal jou terugvoer waardeer.

Ons gesels met ons nuwe rektor

Die nuwe rektor is nog skaars twee maande met ons, maar mnr. André van Staden was van die eerste dag tuis en dis duidelik dat hierdie ervare onderwysman met ′n passie vir Afrikaans ′n intense belangstelling in die ontwikkeling van jongmense het. Ons het hom uitgevra oor sy loopbaan tot nou, veral die jare by Pearson en die uitdagings wat op Paul Roos wag en wat hy as die 16de Rektor van hierdie trotse skool wil bereik.

Continue reading Ons gesels met ons nuwe rektor

Pieter du Toit (1997) appointed as editor-in-chief of HuffPost SA

Pieter du Toit, wat al diep spore in die joernalistiek getrap het, is aangewys as uitvoerende redakteur van HuffPost SA van 1 Julie 2017. Hy was voorheen adjunk-redakteur van dié nuusblogwerf. Pieter is ook bekend as politieke kommentator op radio en televisie en was al by verskeie publikasies van Media24 werksaam, onder meer as nuusredakteur van Beeld en adjunk-redakteur van Huisgenoot

Continue reading Pieter du Toit (1997) appointed as editor-in-chief of HuffPost SA

Tiaan Smit, ons nuwe SA 110m hekkieskampioen

Tiaan Smit (matriek 2013) is in April gekroon as die SA senior kampioen in die 110m hekkies vir mans met ′n tyd van 13.42. Dit was by die SA Senior Kampioenskappe in Potchefstroom. Tiaan het in Noord-Gauteng se kleure gehardloop, en studeer tans aan die Universiteit van Pretoria. Hy was ook die SA Junior Kampioen in 2013 met ′n nuwe SA rekord.

Continue reading Tiaan Smit, ons nuwe SA 110m hekkieskampioen

Spesiale aanbiedinge / Special offers

Enjoy a 50% discount on the 3 litre Splendidior 150 Wine (Cabernet Sauvignon 2013; John Platter 4 Star) and a 20% discount on all remaining sizes, limited stock available.

Also view the latest memorabilia (Golf Caps, padded Body Warmers and Pullovers) now available in the Old Boys office.

Maak gebruik van hierdie spesiale aanbieding om die interskole in Augustus saam met jou skoolmaats te geniet!

Ons subkomitee vir rugby soek voorstelle

rugbykomiteefoto

′n Old Boys subkomitee vir rugby is onlangs op die been gebring. Kontak asseblief enige van die volgende komiteelede met positiewe voorstelle en/of idees:

Sal ek gaan of sal ek nie gaan nie?

KLAS 1967
Van links staan die 1967-matrieks Dawid Botha, John Duminy, Izak Smit, Theo Badenhorst, Meurant Botha, Hoffie Conradie, Eggie Scheffler, Braam van Velden, Tom McLachlan, Gerard van der Straaten, Johan Carinus en John Bassil.

 Dawid Botha (class of 1967) struggled with the question if he should attend or not the fifty year reunion of his class. He eventually did go and then found the reasons why it is so important not to miss such precious events.

Continue reading Sal ek gaan of sal ek nie gaan nie?