Daar is baie stof tot nadenke in die berig oor Paul Roos Gimnasium se Societas-klub wat ‘n daguitstappie van die boloop tot die monding van die Eersterivier gebruik het om brue te bou na ander gemeenskappe en bewus geword het van hoe belangrik hierdie ekosisteem vir omtrent alles in ons samelewing is.
Continue reading Die skool loop soos ‘n rivier deur ons leweMonth: December 2023
Societas kry gravitas: Paul Roosers en leerders van Kayamandi vat hande met die loods van die “The River that binds us”-projek
There is much more to address than only the quality of the water of the Eerste River. That was the lesson that members of PRG’s Societas club and learners of Kayamandi secondary schools when they went on an outing on Saturday 21 September 2023. “The River That Binds Us Project” focused on the impact that diverse communities with different historical, cultural, and socio-economic circumstances had on the Eerste River. Segregation between these distinct communities had compromised and is still compromising the Eerste River’s ecological well-being, and ultimately also negatively impacts human and animal health along the river. But it seems that there is hope for the future, and the project will continue thanks to PRG’s new partnership with Investec, as well as with envisaged involvement of interested and affected parties in the community, corporate companies, and environmentally orientated non-governmental organisations.
Continue reading Societas kry gravitas: Paul Roosers en leerders van Kayamandi vat hande met die loods van die “The River that binds us”-projekRaak betrokke by die Digitale Voetspore-projek
Die Oudskoliere-unie wil graag PRG ondersteun met die digitalisering van jaarboeke, fotos en dokumente. Meer besonderhede sal in die loop van aanstaande jaar gegee word nadat verdere ondersoek na spesifieke behoeftes en kosteberekenings gedoen is.
Waarom by hierdie projek betrokke raak? Die digitalisering van die data sal dit moontlik maak dat PRG se geskiedenis vir die nageslag permanent vasgelê word. PRG se geskiedenis sal daardeur wêreldwyd as ‘n digitale museum beskikbaar wees.
Continue reading Raak betrokke by die Digitale Voetspore-projekPortchie (1980) vier sy 60ste met besondere uitstalling

Portchie, bekende Old Boy kunstenaar deesdae, minder bekend as Jan Hendrick Viljoen, het 60 geword vanjaar en dit gevier met een van die grootste kunuitstallings in die Stellenbosch-stadsaal in November.
Continue reading Portchie (1980) vier sy 60ste met besondere uitstallingLekker gesprek oor van watter skole die seëvierende Springbokke kom
A Facebook post about the schools from where the members of the victorious 2023 Springbok Rugby World Cup come from, was widely read, and shared. One interesting fact was that PRG had the most representatives in the team.
Continue reading Lekker gesprek oor van watter skole die seëvierende Springbokke kom“Outistiese seun” tree af na lang loopbaan

Anton Müller (1976), skrywer van die boek Ek Onthou – ‘n Outistiese Seun se Lewensreis, het einde Oktober na ‘n loopbaan van 44 jaar as rakbeampte by Stellenbosse Openbare Bibilioteek afgetree en sien daarna uit om meer tyd op sy fiets deur te bring, aan familiebesoeke te wy en met die administrasie by sy kerk te help.
Continue reading “Outistiese seun” tree af na lang loopbaanKranslegging by Paul Roos se graf

Op die herdenking van Paul Roos se geboortedag (30 Oktober 1880) het rektor André van Staden, adjunkrektor AC Blume, argivaris Mariena Kotze, hoofleiers Riley Norton, Oliver Reid en Christiaan Cronjé, tesame met van sy familielede (insluitend twee agterkleinseuns John-Paul Roos en Dehan Roos) ‘n kranslegging by sy graf in die Onderpapegaaiberg-begraafplaas gehou.
Rugbykomitee neem afskeid van ‘n groot gees

Dit was ‘n heerlike gesellige aand om die braaivleisvure op Markötter op 16 November, toe daar met gevleuelde woorde afskeid geneem is van Frans van Niekerk, wat einde Januarie 2024 aftree. In die eerste blog van die nuwe jaar word meer vertel oor Frans se 35 jaar by PRG.
Continue reading Rugbykomitee neem afskeid van ‘n groot geesMerk nou rugbykuiers op jou 2024-kalender af

Aanstaande jaar gaan ‘n lekker jaar vir rugbykyk by jou alma mater wees. Nie net vind die interskole teen Grey College op 17 Augustus op die Markötterstadium plaas nie, maar ook ‘n paar ander grotes teen Wynberg op 27 Mei, Boishaai op 20 April, Bishops op 20 Julie en Boland Landbou op 3 Augustus.
Vroeg in die jaar – van 20 tot 25 Maart – word daar ook ‘n rugbyfees vir die o16 B, C en D spanne en die o19 C en D spanne op Stellenbosch gehou. Dit sal ‘n mens ‘n goeie idee gee van wat die rugbydiepte op skolevlak is.
Kersgroete: Beste Oudskolier
SA kleure in rugby en krieket wink vir hoofseun
Riley Norton, 2024 se hoofseun, staan ‘n kans om SA skolekleure in rugby en krieket te verwerf, ‘n eer wat min sportmanne tot nou beskore was. Lees meer:
https://cricket.supersportschools.com/player-profile-riley-norton-paul-roos-gimnasium/
Paul Roos Gimnasium blink uit op sportveld in die algemeen
PRG takes pride in being recognised for its diversity and depth on the sports fields. This year’s ranking of the Top Boys Sports Schools positions the school in second place. While creating such rankings is no easy task, they undoubtedly make for an interesting read: https://saschoolsports.co.za/unveiling-the-top-boys-sports-schools-for-2023/
Continue reading Paul Roos Gimnasium blink uit op sportveld in die algemeenOpwindende gholfdae snoer die Old Boys saam
RUGBYKOMITEE-GHOLFDAG
Snugmug se foto’s vertel die verhaal: https://www.smugmug.com/gallery/n-PzM97t
Dit was ‘n heerlike lentedag en alles is met presisie in gereedheid gebring vir die spanne om hul slag op die gholfbaan te wys. By die prysuitdeling later, was dit duidelik dat party hul geleenthede beter as ander gebruik het.
Continue reading Opwindende gholfdae snoer die Old Boys saamSeniors se middagete ‘n groot sukses met hope pret
Die jaarlikse Senior Old Boys’ Midddagete, wat op Vrydag, 10 November 2023, by Markötter plaasgevind het, was weer eens ‘n reuse-sukses met hope pret.




