Verjaardagviering weerspieël skool se kultuur

This year’s celebration of Paul Roos Gymnasium’s birthday had a special ring to it. Although at 157 it was not a milestone event, the attendance of members of the 1973 Matric Class in Stellenbosch for their jubilee celebration, speeches by the then head boy Skip Krige and esteemed journalist and author Pieter du Toit (1997) and a wreath laying at the statues of the founders of the school created gravitas.

Continue reading Verjaardagviering weerspieël skool se kultuur

Heinrich Matthee eerste bekleër van leerstoel in veiligheidstudies by Akademia

Heinrich Matthee (1981), bekende politieke en veiligheidsake-ontleder, is op Dinsdag 28 Maart 2023 ingehuldig as die eerste bekleër van die ereleerstoel in veiligheidstudies vir die Fakulteit Geesteswetenskappe by Akademia. Matthee het tydens die inhuldigingsplegtigheid by Leriba in Centurion ook sy intreerede met die titel “Verkenners en besluitnemers in politieke wisselordes” gelewer.

https://akademia.ac.za/2023/03/29/ereleerstoel-vir-veiligheidstudies/

Blomme en pet vir negentigjarige Francois Retief (1949)

Old Boy Francois Retief (1949), ‘n voormalige Rektor van Kovsies en Rhodesbeursstudent, is deur die Oudskoliere-Unie (OSU) met ‘n bos rose en ‘n keppie verras.

Meer oor hierdie merkwaardige mens kan gelees word deur hier te kliek: https://prabook.com/web/francois_pieter.retief/339911

Prof Francois Retief woon tans in ‘n Bloemfonteinse ouetehuis waar hy versorg word deur sy vrou, Ria, en personeel. Hy leef met dementia, maar is steeds ‘n absolute waardige PRG Old Boy.

Continue reading Blomme en pet vir negentigjarige Francois Retief (1949)

Kry jou stapskoene reg vir vanjaar se Lenteloop

Só lyk die Swartboskloof-staproete

Die PRG-OSU Lenteloop word beplan vir Saterdag 16 September 2023.

Die plan is om vanjaar die Swartboskloof-roete in die Jonkershoek- natuurreservaat te stap.

Die roete is nie veeleisend nie, maar dit sal darem ‘n bietjie van ‘n uitdaging wees vir diegene wat nie gereeld stap (draf of fietsry) nie. Meer besonderhede sal in  die Junie-nuusblog verskaf word.

Digitale “plakboek” trek aandag

The idea to create a digital scrapbook for the 1973 Class’s fiftieth reunion, turned into a very popular and successful blog. Read more about this project below.

Dit was 1973- hoofseun Skip Krige se idee om ‘n digitale plakboek vir sy klasgroep se vyftigste reünie te skep wat met ‘n druk van ‘n knoppie op iemand se selfoon, tablet of tuisrekenaar bekyk kan word.

Continue reading Digitale “plakboek” trek aandag

Utroff Rosant (2022) se donker wolk het ná alles tóg ‘n silwer randjie

Sonder sy ouers of sy ouma, het Utroff Rosant (18) sy matriekjaar aangepak. Gelukkig was sy suster daar, nie net om hom te ondersteun nie, maar ook om hom in te neem.

Die 2022-matriekulant van Paul Roos het in een jaar albei sy ouers en sy ouma aan die dood afgestaan. Tog studeer hy  nou elektriese ingenieurswese by die Universiteit Stellenbosch nadat hy matriek met sewe A’s en universteitsvrystelling geslaag het.

Utroff Rosant het albei sy ouers en sy ouma verloor, maar het aanhou fokus op sy stufie en gaan vanjaar ingenieurswese studeer. Foto: Verskaf

Lees die volledige berig op Netwerk24

Tiaan Whelpton trek die aandag van NS rugbykeurders

Tiaan Whelpton (2018), wat ‘n paar jaar gelede na Nieu-Seeland verhuis het, het al 10.09 sekondes in die 100m aangeteken. Geen wonder nie die Nieu-Seelandse rugbykeurders het hul nasionale 100m-kampioen se talente en vaart raakgesien  en hom genader om by die All Blacks se sewes-program betrokke te raak.

Continue reading Tiaan Whelpton trek die aandag van NS rugbykeurders

Old Boys en nuwelinge op eerste dag by PRG

Dit is lekker om te sien hoe tradisie gebou word. Op hierdie foto is daar sowat 30 nuwe Paul Roosers wat deur hul Old Boy-oupas, pa’s en/of broers  vir hul eerste dag in graad 8 vergesel is.  Ongelukkig het ons nie name nie. Dit sal hoog op prys gestel word as iemand ons daarmee kan help. Skakel vir Hugo Truter by 0832676750.

Graad 8’s laat hul mentors se skoene blink

Onlangs was dit weer tyd vir die  tradisisonele “Shoe Shining“-geleentheid waar die graad 8’s hul graad 12-mentors se skoene poets.

Hierdie geleentheid simboliseer dat die graad 8’s hulle PRG-waardes uitleef soos dit in die eerste week van die jaar by hulle ingeskerp is. Dis ‘n teken van respek teenoor hulle mentors wat ‘n groot bydrae gelewer het om hulle te help aanpas in hul nuwe skool.

Te oordeel aan almal se breë glimlagte het dit vanjaar baie goed met die aanpassingsproses gegaan.

Matrikulant presteer in Moderne Vyfkamp

Ontvang van Coenie van Vuuren

Benjamin van Onselen (gr 12) het op Saterdag 11 Maart 2023 goud verwerf in die seuns o19 afdeling van die 2023 Wes-Kaapse Provinsiale Moderne Vyfkampkampioenskappe.

Moderne Vyfkamp bestaan uit die volgende 5 dissiplines: ‘n hindernisbaan, skerm, swem en gekombineerde laserpistoolskiet(4) en hardloop.

Benjamin het ook die vereiste totale aantal punte behaal om die Wes-Kaap by die SA Nasionale Moderne Vyfkamp- en Vierkampkampioenskappe vanaf 7 tot 8 April 2023 in Bloemfontein te verteenwoordig.

Trek aan jou das en kom!

Klik op die plakkaat hieronder: Hoor die gedreun en voel die geesdrif opbou!

Die jaarlikse massa-reünie, algemene jaarvergadering en dinee lê om die draai. Maak seker jy is op Vrydag 19 Mei 2023 om sesuur in die PRG-sentrum. Bespreek jou en jou maats se plekke voor Vrydag 5 Mei.

Hierdie geleentheid is vir alle jaargroepe, van 1950 tot 2022.

Dress to impress!

Here is a chance to don your Old Boys tie and if you have one, the Old Boys blazer.

The mass reunion, annual general meeting and Old Boys Union Dinner will be held this year on Friday 19 May 2023 at 18:00 in the PRG Centre. Book your and your pals places now.

We would like to see members of all the year groups from 1950 to 2022 there.

Klas van 1973 sorg vir merkwaardige tien dae lange 50 jaar-reunie

Hierdie samevatting is ‘n baie verkorte weergawe van Pieter van Zyl se terugskouing wat op hul blog verskyn: https://prg1973.co.za/

Die klas van 1973 het vanjaar ‘n besonderse reünie gevier, en hul bedrywige program gaan moeilik geklop word, plus hulle het in die proses ‘n voortreflike blog geskep wat voortdurend bygewerk word.

Die reëlingskomitee (RK) wat hierdie spesiale geleentheid beplan het, het bestaan uit Pieter van Zyl, Nols Heunis, Michael Prins, Riaan Swiegers, Kobus Theron, Frank Meaker, Leon Mostert en Danie van Niekerk.

Daar is besluit om ‘n “modulêre” benadering te volg in die opstel van die reünieprogram, Die onderliggende gedagte was dat elke persoon dan self kon besluit watter modules en/of aktiwiteite hy (en sy gade of metgesel) wil bywoon. Na oorlegpleging met die 1973-manne via Google vraelyste, het die RK op twee modules besluit: ‘n “Sederberg Module”, wat sou plaasvind tussen 24-27 Februarie 2023; en ‘n “Kernmodule” op Stellenbosch, wat sou plaasvind tussen 28 Februarie en 1-5 Maart 2023.

‘n Totaal van 20 manne tesame met 10 van hul gades het die Sederberg-naweek bygewoon. Die naweek is afgeskop met ‘n bierproe en braai by Sanddrif en die Saterdag het ‘n groepie die Wolfberg-skeure aangedurf en die res het rustiger uitstappies onderneem, waarna ‘n wynproe by Cederberg-wynkelder gevolg het. Die Sondagoggend is die Disa Pool-staproete aangepak, lekker in die kuile geswem en die aand het almal weer heerlik saamgebraai.

Terug op Stellenbosch is die saalbyeenkoms op Dinsdag 28 Februarie bygewoon, gevolg deur ‘n boomplantseremonie langs die nuwe krieketveld. Op Woensdag 1 Maart, die skool se 157ste verjaarsdagviering, is die kransleggingseremonie by die stigters se standbeelde bygewoon, gevolg deur ‘n besoek aan die Argief en ‘n skooltoer.

Op Donderdag 2 Maart is ‘n omvattende wynproegeleentheid by Simonsig gevolg deur ‘n ligte ete. Die Vrydag het twee krieketspanne mekaar aangedurf volgens ‘n unieke stel reëls. Daarna is almal na Markotter vir ‘n eg tradisionele middagete in die vorm van ‘n heerlike snoekbraai.

Op Saterdag, 4 Maart, het ‘n groep van 55 manne, gades en oud-onderwyser David Taylor aangetree by Coetzenburg om deel te neem aan die Bergpadstap van 6 km. Dit was perfekte stapweer.

Die hoogtepunt van ons reünie was ongetwyfeld die dinee in die Markötter-klubhuis se suite op Saterdagaand, 4 Maart. Die getal persone teenwoordig by die dinee het aangegroei tot 66, terwyl die volgende spesiale gaste ook teenwoordig was: rektor André van Staden, oud-onderwysers David Taylor en Henry Ekron, Elza van der Walt en Mariena Kotze. Twee manne wat van ver af spesiaal ingevlieg het om die dinee by te woon was Jean-Marie Questiaux (België) en Dillie Malherbe (Londen, VK).

Herdenkingskerse is aangesteek vir die14 klasmaats wat ons reeds ontval het en gedenkpak-wyne van Old Boys is opgeveil. Skip Krige is ook bedank vir sy uitsonderlike bydrae met die skepping van ons dinamiese en interaktiewe aanlyn “PRG 1973 Blog”.

Terugskouend, het 50 van ons oorlewende 91 klasmaats ten minste een van die reünie-aktiwiteite bygewoon, ‘n bywoningspersentasie van 55% – heelparty van ons het die volledige program bygewoon. Inderdaad het die lede van ons klas van 1973 wat deelgeneem het aan die Reünie 50 ons harte opnuut oopgemaak vir ons Alma Mater en ons klasmaats van destyds.