Verjaardagviering weerspieël skool se kultuur

This year’s celebration of Paul Roos Gymnasium’s birthday had a special ring to it. Although at 157 it was not a milestone event, the attendance of members of the 1973 Matric Class in Stellenbosch for their jubilee celebration, speeches by the then head boy Skip Krige and esteemed journalist and author Pieter du Toit (1997) and a wreath laying at the statues of the founders of the school created gravitas.

Continue reading Verjaardagviering weerspieël skool se kultuur

Heinrich Matthee eerste bekleër van leerstoel in veiligheidstudies by Akademia

Heinrich Matthee (1981), bekende politieke en veiligheidsake-ontleder, is op Dinsdag 28 Maart 2023 ingehuldig as die eerste bekleër van die ereleerstoel in veiligheidstudies vir die Fakulteit Geesteswetenskappe by Akademia. Matthee het tydens die inhuldigingsplegtigheid by Leriba in Centurion ook sy intreerede met die titel “Verkenners en besluitnemers in politieke wisselordes” gelewer.

https://akademia.ac.za/2023/03/29/ereleerstoel-vir-veiligheidstudies/

Blomme en pet vir negentigjarige Francois Retief (1949)

Old Boy Francois Retief (1949), ‘n voormalige Rektor van Kovsies en Rhodesbeursstudent, is deur die Oudskoliere-Unie (OSU) met ‘n bos rose en ‘n keppie verras.

Meer oor hierdie merkwaardige mens kan gelees word deur hier te kliek: https://prabook.com/web/francois_pieter.retief/339911

Prof Francois Retief woon tans in ‘n Bloemfonteinse ouetehuis waar hy versorg word deur sy vrou, Ria, en personeel. Hy leef met dementia, maar is steeds ‘n absolute waardige PRG Old Boy.

Continue reading Blomme en pet vir negentigjarige Francois Retief (1949)

Kry jou stapskoene reg vir vanjaar se Lenteloop

Só lyk die Swartboskloof-staproete

Die PRG-OSU Lenteloop word beplan vir Saterdag 16 September 2023.

Die plan is om vanjaar die Swartboskloof-roete in die Jonkershoek- natuurreservaat te stap.

Die roete is nie veeleisend nie, maar dit sal darem ‘n bietjie van ‘n uitdaging wees vir diegene wat nie gereeld stap (draf of fietsry) nie. Meer besonderhede sal in  die Junie-nuusblog verskaf word.

Digitale “plakboek” trek aandag

The idea to create a digital scrapbook for the 1973 Class’s fiftieth reunion, turned into a very popular and successful blog. Read more about this project below.

Dit was 1973- hoofseun Skip Krige se idee om ‘n digitale plakboek vir sy klasgroep se vyftigste reünie te skep wat met ‘n druk van ‘n knoppie op iemand se selfoon, tablet of tuisrekenaar bekyk kan word.

Continue reading Digitale “plakboek” trek aandag

Utroff Rosant (2022) se donker wolk het ná alles tóg ‘n silwer randjie

Sonder sy ouers of sy ouma, het Utroff Rosant (18) sy matriekjaar aangepak. Gelukkig was sy suster daar, nie net om hom te ondersteun nie, maar ook om hom in te neem.

Die 2022-matriekulant van Paul Roos het in een jaar albei sy ouers en sy ouma aan die dood afgestaan. Tog studeer hy  nou elektriese ingenieurswese by die Universiteit Stellenbosch nadat hy matriek met sewe A’s en universteitsvrystelling geslaag het.

Utroff Rosant het albei sy ouers en sy ouma verloor, maar het aanhou fokus op sy stufie en gaan vanjaar ingenieurswese studeer. Foto: Verskaf

Lees die volledige berig op Netwerk24

Tiaan Whelpton trek die aandag van NS rugbykeurders

Tiaan Whelpton (2018), wat ‘n paar jaar gelede na Nieu-Seeland verhuis het, het al 10.09 sekondes in die 100m aangeteken. Geen wonder nie die Nieu-Seelandse rugbykeurders het hul nasionale 100m-kampioen se talente en vaart raakgesien  en hom genader om by die All Blacks se sewes-program betrokke te raak.

Continue reading Tiaan Whelpton trek die aandag van NS rugbykeurders

Old Boys en nuwelinge op eerste dag by PRG

Dit is lekker om te sien hoe tradisie gebou word. Op hierdie foto is daar sowat 30 nuwe Paul Roosers wat deur hul Old Boy-oupas, pa’s en/of broers  vir hul eerste dag in graad 8 vergesel is.  Ongelukkig het ons nie name nie. Dit sal hoog op prys gestel word as iemand ons daarmee kan help. Skakel vir Hugo Truter by 0832676750.

Graad 8’s laat hul mentors se skoene blink

Onlangs was dit weer tyd vir die  tradisisonele “Shoe Shining“-geleentheid waar die graad 8’s hul graad 12-mentors se skoene poets.

Hierdie geleentheid simboliseer dat die graad 8’s hulle PRG-waardes uitleef soos dit in die eerste week van die jaar by hulle ingeskerp is. Dis ‘n teken van respek teenoor hulle mentors wat ‘n groot bydrae gelewer het om hulle te help aanpas in hul nuwe skool.

Te oordeel aan almal se breë glimlagte het dit vanjaar baie goed met die aanpassingsproses gegaan.

Matrikulant presteer in Moderne Vyfkamp

Ontvang van Coenie van Vuuren

Benjamin van Onselen (gr 12) het op Saterdag 11 Maart 2023 goud verwerf in die seuns o19 afdeling van die 2023 Wes-Kaapse Provinsiale Moderne Vyfkampkampioenskappe.

Moderne Vyfkamp bestaan uit die volgende 5 dissiplines: ‘n hindernisbaan, skerm, swem en gekombineerde laserpistoolskiet(4) en hardloop.

Benjamin het ook die vereiste totale aantal punte behaal om die Wes-Kaap by die SA Nasionale Moderne Vyfkamp- en Vierkampkampioenskappe vanaf 7 tot 8 April 2023 in Bloemfontein te verteenwoordig.