Op 12 Oktober is vanjaar se Graad 12’s as nuwe Old Boys verwelkom en by hierdie geleentheid het Charl de Villiers, hoofseun in 2008, ‘n kort, besielende boodskap gelewer. Die graad 12’s het hul toe-en-nou foto’s (graad 8 en graad 12) van die OSU ontvang, en dié wat formeel aangesluit het, Old Boy-dasse en ledekaarte. Continue reading Ons geledere groei aan
Month: December 2017
Grade 12s hear attitude is more important than talent… keep on fighting
In ‘n besielende boodskap aan die matrieks van 2017 op hul laaste skooldag, het Charl de Villiers, hoofseun van 2008, vertellings uit sy eie lewe gebruik om twee lewenswaarhede te illustreer, naamlik dat jou houding teenoor die lewe meer tel as jou talent en daarom moet jy nooit moed opgee nie; en dat ‘n wen of ‘n verloor in ‘n belangrike gebeurtenis nie gaan bepaal hoe suksesvol jy as ‘n mens is nie. Continue reading Grade 12s hear attitude is more important than talent… keep on fighting
Markus Reuter (1976) vereer deur Universiteit van Stellenbosch met eredoktorsgraad
Die Universiteit van Stellenbosch gaan in Desember ‘n eredoktorsgraad aan Prof Markus Reuter (klas van 1976) toeken. Ons het voorheen al oor sy merkwaardige loopbaan geskryf, sien ons Nuusblog van November 2015. Hy het in daardie jaar ook ‘n eredoktorsgraad van die Universiteit van Liége in België ontvang vir sy groot bydrae op die gebied van die herwinning van metale uit primêre en hergesirkuleerde grondstowwe om ekonomiese volhoubaarheid te verseker. Continue reading Markus Reuter (1976) vereer deur Universiteit van Stellenbosch met eredoktorsgraad
Ons onthou… Herinneringsdag 2017
Die jaarlikse Herinneringsdag is ʼn besondere dag in die jaarkalender van Paul Roos, wat mens terselfdertyd met dankbaarheid en trots vervul. Continue reading Ons onthou… Herinneringsdag 2017
Nuwe topverkoper deur Pieter du Toit
Pieter du Toit (1997), hoofredakteur van Huffington Post SA, se nuwe boek, Enemy of the People, wat hy saam met die bekende ondersoekende joernalis Adriaan Basson geskryf het, was van die begin ʼn blitsverkoper en reeds in die laaste week van November bo-aan Exclusive Books se lys van topverkopers. Continue reading Nuwe topverkoper deur Pieter du Toit
New XTERRA World champ from PRG
Old Boy Bradley Weiss (2007) het op 29 Oktober die XTERRA-wêreldkampioenskapsbyeenkoms in Hawaii gewen. In die volgende artikel, wat met verlof van die Eikestadnuus geplaas word, vertel hy hoe ʼn goeie swem hom vanjaar die wêreldkampioen in hierdie uitdagende driekampsport, wat ook fietsry en langafstanddraf insluit, gemaak het. Continue reading New XTERRA World champ from PRG
Old Boys vereer met US Rektorstoekennings
Old Boys Kerwin Noemdo (2012) en Niel Botha (2013) het in Oktober Rektorstoekennings van die Universiteit van Stellenbosch ontvang vir onderskeidelik sportuitnemendheid en akademiese prestasie by die universiteit. Continue reading Old Boys vereer met US Rektorstoekennings
Besondere jaar vir Old Boys op die gholfbaan
Die name van vier Old Boys verskyn tans op die Top 20-ranglys van gholfspelers in Suid-Afrika: Continue reading Besondere jaar vir Old Boys op die gholfbaan
Spesiale aanbiedinge / Special offers
- 50%-korting op die 3-liter Splendidior
- 20%-korting op ander groottes (750ml, 1,5-liter en 15-liter)
Bly op hoogte met skoolnuus
Baie Old Boys maak gebruik van ons skakel na die Semper om te sien wat op Paul Roos Gimnasium se skoolgronde aangaan. Aan die einde van die jaar word die Semper vervang met die jaarblad wat ongelukkig nie in ʼn elektroniese formaat beskikbaar is nie. Continue reading Bly op hoogte met skoolnuus
Belangrike datums in 2018
Op die OSU se inligtingblad word meer inligting oor reünies, sportdae, AJV, dinee’s, ensovoorts aan alle Old Boys gekommunikeer. Teken asseblief aan of registreer om deel te neem. Kliek hier! Continue reading Belangrike datums in 2018
PRG Classic Gholfdag – elke jaar groter en beter! Skryf nou al in
Our Golf day is always one of the highlight events of the year. We are striving to make it bigger and better for everyone’s enjoyment in the Paul Roos fraternity. Stellenbosch Golf Club is a destination course rich in natural elements for a great golfing experience. Continue reading PRG Classic Gholfdag – elke jaar groter en beter! Skryf nou al in
Paul Roos as hoof van Worcester Boys’ High School
Paul Roos was van Oktober 1908 tot Maart 1910 hoof van Worcester Boys’ High School voordat hy in April 1910 die rektor van die Stellenbosch Hoër Jongenskool word. Hier het hy 30 jaar die rektorspos beklee en ‘n onvergeetlike hoof geword toe die skool in 1946 na hom vernoem is. Continue reading Paul Roos as hoof van Worcester Boys’ High School
Jongste betalende lede
Heelparty van vanjaar se graad 12’s het as betalende lede by die OSU aangesluit. Continue reading Jongste betalende lede
