Vernuwing gebou op tradisie

Wat so treffend is van die 1949 eerstespanfoto hiernaas, is die manier waarop vernuwing met die aanwending van kleur ingebring is. Dit vertel iets van die tydsgees, mense wat weer hul lewens opbou na ’n verwoestende wêreldoorlog, ’n lus vir die lewe nadat daar vir lank met doodstydings elke dag saamgeleef is, kennis van hoe nuwe tegnologieë aangewend kan word om lewenskwaliteit te verbeter. Continue reading Vernuwing gebou op tradisie

Voorsittersboodskap / Chairman’s message

Geagte Old Boy

Met Paasnaweek op ons, sou daar vanjaar al baie water in die see geloop het as dit nie so droog in die Wes-Kaap was nie. Hoewel dié van ons wat hier naby die alma mater woon, ons daarop toespits om Dag Zero af te weer, was daar tog ’n nuwigheid om ons aandag ’n bietjie af te lei: Stigtersdagsport! Continue reading Voorsittersboodskap / Chairman’s message

Meaningful insights from cool devices

Old Boy Kurt Schutte (2006) het onlangs die merkwaardige prestasie behaal om twee doktersgrade te verwerf vir navorsing waarin die Universiteit van Stellenbosch en die Katolieke Universiteit van Leuven in België saamgewerk het. Die doel van hierdie navorsing was om bruikbare mediese insigte uit toestelle soos Fitbit, Polar en Garmin te verkry.  Terwyl die akademici klaarblyklik gaande is oor hierdie deurbraak, sê die beskeie Kurt dat hy dankbaar is vir die geleentheid om sy passie in sy loopbaan uit te leef. Continue reading Meaningful insights from cool devices

New state president and Old Boy Danie Naudé share passion for Ankole breed

Daar is meer as fotografiese talent betrokke by Daniel Naudé se asemrowende foto’s waarmee Cyril Ramaphosa se nuwe boek oor die Ankole-beesras geillustreer is. Soos die nuwe President is hy nie net gaande oor Ankole’s nie, maar was dit ook nodig om die digkuns en liedere van Uganda in sy beelde te probeer vasvang. Continue reading New state president and Old Boy Danie Naudé share passion for Ankole breed

Spesiale aanbiedinge / Special offers

Our exquisite Splendidior 150 wine is very popular and the 750 ml bottles are now sold out. However, you can still order at a special discount the bigger sizes of this collector’s item, a blend of twelve 2013 Cabernet Sauvignon estate wines made by Old Boys. This wine will age excellently. Don’t wait, order now because stock is not going to last at these discounts.

  • 50% off on the 3l Splendidior; and
  • 20% off on 1,5l and 15l

Click here for order forms

Bly op hoogte met skoolnuus

Nuuskierig oor wat op die skoolgrond aangaan? Klik gerus op die skakel na Semper om toegang te verkry tot dié skoolkoerant, wat aan die einde van elke kwartaal verskyn, buiten die laaste een wanneer dit met die jaarblad vervang word. Die jongste uitgawe sal seker binnekort beskikbaar wees.

In February a new Concipio, however, was published and this edition is available online by clicking here.