Hoe om optimisties in moeilike tye te bly

Dit raak nogal moeilik om inspirasie en bemoediging te vind wanneer die moeilikheid nie wil wyk nie. Die Covid-19 pandemie het nou soos ‘n bullterriër geword wat sy tande ingeslaan het en nie wil laat los nie. Hoe gaan ‘n mens uit hierdie ding kom en wat gaan die uiteindelike nagevolge wees? Tyd sal wel leer, maar as jy aanhoudend vorentoe beur, gaan jy eendag skielik besef jy is anderkant uit en alles is oor.

Hopefully, this edition of the news blog will help to grow optimism.

Continue reading Hoe om optimisties in moeilike tye te bly

Nuwe J F Marais-mediasentrum aanwins vir skool en gemeenskap

René Walsh agter die dienstoonbank van die JF Marais-mediasentrum.

Die splinternuwe J F Marais-mediasentrum*, wat die ou skoolbiblioteek vervang, is pas ingerig en in gebruik geneem. Danksy die hulp van verskeie donateurs, is die lokaal waar die ou Metaalwerkkamer eens was, omvattend gerestoureer en ingerig om die nuwe sentrum te kan huisves.

Continue reading Nuwe J F Marais-mediasentrum aanwins vir skool en gemeenskap

Old Boys bly presteer op die sportveld, pandemie of te nie

Al lyk dit tans of die wêreld in en om die skool steeds stilstaan, presteer Old Boys regoor die wereld op die omblik op die sportveld en inspireer al wat Paul Rooser is. Boonop is daar vier van hulle wat aan die Olimpiese Spele in Japan gaan deelneem en nog twee met PRG-bande wat deel van die afrigtingspanne uitmaak.

Continue reading Old Boys bly presteer op die sportveld, pandemie of te nie

Stellenbosch United in Mathematics (SUM project)

Grendeltyd 2020 het onderwysers gedwing om te leer hoe om tegnologie in te span en nuwe onderrigmetodes te gebruik. Na aanleiding hiervan het Remgro die wiskundedepartement van Paul Roos genader met die idee om hierdie nuwe kennis met die omgewing se skole te deel en so ontstaan die SUM-projek. Die projek word befonds en ondersteun deur Remgro.

Continue reading Stellenbosch United in Mathematics (SUM project)

Classic Gholfdag uitgestel

Die jaarlikse PRG Classic Gholfdag is vir ‘n tweede keer uitgestel, eers weens C-19 en toe weer as gevolg van ongure weervoorspellings. 

Ons bly egter hoopvol dat dit op Donderdag 21 Oktober 2021 by Stellenbosch Gholfklub gaan plaasvind. Derde keer dalk gelukkig! 

Ons is innig dankbaar teenoor die spelers en borge wat steeds geduldig is met die situasie. Ons sien uit na ‘n sonnige en feestelike gholfdag. Die veld is uitverkoop, hier en daar ‘n moontlike putjie vir borgskap. Belangstellendes kan vir Elza by die OSU-kantoor kontak, 021 883-8627 | oldboys@paulroos.co.za

Polla-byeenkomste dalk in Augustus

As gevolg van die 2021 skoolkalender wat intussen verander het, was die OSU genoodsaak om die Polla-byeenkomste uit te stel.

Die nuwe datums is Donderdag 5 Augustus en Donderdag 19 Augustus.

Polla-streke is welkom om een van die bogenaamde twee datums te kies vir hul volgende geselligheid.

Vir navrae, kontak asb. vir Hannes Odendaal (OSU Uitvoerende komiteelid vir Polla-portefeulje): Hannes@hdk.co.za | 078 533 1016

Honoris Crux-ontvanger Michael Prins (1973) besef vandag beskermengele het na hom omgesien

Michael Prins (1973) se onverskrokke optrede tydens Operasie Savannah om ‘n makker te red, is onlangs weer in die geheue geroep toe Mariena Kotze van die PRG argief op sy verhaal in die boek Honoris Crux: Ons dapperes deur At van Wyk afgekom het.

Continue reading Honoris Crux-ontvanger Michael Prins (1973) besef vandag beskermengele het na hom omgesien