Paul Roos Gimnasium gaan aanstaande jaar ‘n kernrol speel in die NMI Toyota Noord-Suid Rugbytoernooi, wat van 28 Maart tot 1 April 2025 op die Markötter-sportterrein in Stellenbosch gehou word.
Dié toernooi, een van Suid-Afrika se voorste skoolseunrugbyfeeste, word vir die eerste keer in sy bestaan deur ‘n Suid-skool aangebied. Toprugbyskole van regoor die land gaan deelneem en ‘n fantastiese platform bied vir jong talent om hul vaardighede ten toon te stel.
As gasheer sal Paul Roos Gimnasium nie net die fasiliteite verskaf nie, maar ook bydra tot die organisasie en gladde verloop van die toernooi. Dit is ‘n wonderlike geleentheid vir die skool om te skitter en vir die spelers om waardevolle ervaring in ‘n mededingende omgewing op te doen.
Maar daar is vir die Old Boys ook kans om te wys wat nog in hulle steek. Met die openingsfunksie op Donderdag 27 Maart gaan verskeie skole se oudsterre teen mekaar speel. PRG se Oud-Skoliere speel teen Affies s’n.
Die jongste nuus is die belangstelling is so groot dat twee bykomende spanne saamgestel gaan word. Jy moet ouer as 35 en op die Donderdag beskikbaar wees as jy wil speel. Kontak die Oudskoliere-unie vir meer besonderhede.
Prof Markus Reuter (1976) het in November by PRG kom kuier en vir die eerste keer gesien hoe pryk sy naam op die lys van oud-skoliere wat ‘n eredoktorsgraad van die Universiteit van Stellenbosch ontvang het.
Hy het die graad Doktor in die Ingenieurswese (DIng) honoris causa in 2017 ontvang vir sy uitmuntende bydrae tot die wetenskap, tegnologie en bedryf van metaalproduksie, herwinning en hulpbrondoeltreffendheid, en sy volgehoue bemagtiging van jong ingenieurs om die volgende generasie denkleiers te word en die taak oor te neem om ’n volhoubare toekoms vir almal te verseker.
Raar maar waar. Bittermin, net drie Old Boys sover ons weet, het internasionale rugby op topvlak vir ander lande gespeel (uitgesluit junior spanne soos op 0.20-vlak).
Meeste van ons is bewus van Braam Steyn (2010) wat tot nou al in 16 toetse vir Italië gespeel het, en van Josh Strauss (2004) wat 11 keer vir Skotland uitgedraf het.
Maar die heel eerste Old Boy wat vir ‘n ander land gespeel het, was JA (Jannie Krige), ‘n jonger broer van die beroemde Japie Springbok, wat vir groot kontroversie gesorg het toe hy vroeg in 1920 Engeland verteenwoordig het in ‘n toets teen Wallis.
Jannie, wat voor sy vertrek vir tandartstudie in Londen aan die Stellenbosch Boys High School en Victoria-kollege sy opleiding ontvang het, het gou die oog gevang toe hy sy rugbytalent by Guy’s Hospital uitleef.
Die Engelse pers was erg gekant teen die keuse van ‘n Suid-Afrikaner, en geen verdere Suid-Afrikaners is in die volgende paar jaar vir Engeland gekies nie, hoewel Frank Mellish (wat saam met Krige in die wedstryd teen Wallis gespeel het) nog vyf toetse vir Engeland gespeel het. Sy Engelse van het dalk ‘n rol gespeel.
Volgens ‘n bron is dit is moeilik om te sê of die besluit van die Engelse keurders om nie Suid-Afrikaners te kies nie, Krige verdere Engelse wedstryde gekos het, maar dit is beslis die moeite werd om daaroor te spekuleer.
Nog ‘n broer van Japie Krige, Pieter, gebore in 1895 en ook ‘n Old Boy, het vir die Britse Barbarians gespeel toe hy net soos Jannie vir tandarts in Londen gestudeer het. Met sy terugkeer later het hy gereeld vir die WP uitgedraf.
Meeste van die agt pastorieseuns van ds Koos Krige, wat van 1880 tot 1910 op Caledon predikant was, het op die rugbyveld uitgeblink. Buiten vir Japie Springbok, het Willie (*1881) die Springbokspan vir die oorsese toer in 1910 as vleuel gehaal. Hy speel nie in enige toets nie.
Van Hendrik (*1884), die derde seun, word gesê hy blink uit as voetbalspeler.
Tinie (*1893) het as onderwyser aan Grey High geweldig baie gedoen om rugby as skoolsport in die Oos-Kaap te bevorder, veral onder die Knysna-boswerkers wat na Port Elizabeth verskuif is. Hy tree af as adjunkhoof van Grey High en was bekend daarvoor dat hy nie net oudleerlinge se name kon onthou nie, maar ook in watter posisie hul rugby gespeel het. Hy was die enigste van die rugbyspelende seuns wat nie op Stellenbosch skool gegaan het, maar op Caledon. Hy speel wel vir Maties, WP, Natal en OP senter.
Meer as ‘n honderd jaar gelede het dertig Stellenbossers bymekaargekom en besluit om ‘n skool te stig. Op 1 Maart 1866, presies honderd jaar gelede, het die skool tot stand gekom – ‘n skool wat manne soos genl. Smuts, genl. Hertzog, Jan Celliers, Danie Theron, Bosman Di Ravelli, genl. Christiaan Beyers en talle ander sou oplewer; ‘n skool waar genl. Smuts byna geskors is en waar dr. D.F. Malan saam met ander leerlinge in ‘n gronddam moes bad.
Dié spotprentvonds (hierbo) in PRG se skoolargiewe het omtrent ‘n kopkrappery afgegee, maar uiteindelik het dit ‘n interessante stukkie geskiedenis opgediep en ‘n verklaring gebied vir die oorsprong van die volksliedjie, Vat jou goed en trek, Ferreira.
Paul Roos Gymnasium is still the school that produced the most Springbok rugby players, but as you know statistics can be interpreted in many ways. Click here to get the full picture under statistics and schools. You will also find a complete list of names of PRG’s 54 Springboks.
Skaarser as hoendertande, dis wat die vier langspeelplate van 1906 is waarop die Springbokspan na Brittanje ‘n aantal opnames gemaak het tydens hul toer. Wat die plate nog meer versamelaarstatus gee, is dat dit blykbaar die eerste plate is waarop Afrikaans gebruik word.
Argivaris Mariena Kotze het hierdie artikel deur Con Groenewald in ‘n Huisgenoot van 31 Desember 1965 vir ons opgespoor. Lees self oor die inhoud van hierdie veteraanplate in Afrikaans en laat ons weet of julle van enigiemand weet wat hierdie plate besit. Self kon ons niks opspoor op die Internet nie en ook YouTube gee geen idee van hoe hierdie Springbokke gesing het op hul toer en selfs gedigte voorgedra het nie.
Wanneer die Eersterivier in die wintermaande by tye in vloed is, benut studente en skoliere dikwels dié geleentheid om op binnebande en kano’s die rivier aan te durf – ‘n bekende gesig oor dekades!
Die tradisies en seremonie wat gepaard gegaan het met die afsterwe en begrafnis van Koningin Elizabeth II, laat ‘n mens wonder hoe protokol gehandhaaf is met die enkele koninklike besoeke aan Stellenbosch in die vorige eeu.
Vere Bosman di Ravelli was die naam wat Jan Gysbert Hugo Bosman, waarskynlik ‘n matrikulant van 1898 aan die toenmalige Stellenbosch Gimnasium, aangeneem het toe hy die eerste gebore Suid-Afrikaner word om as pianis erkenning in die buiteland te verwerf.
Vandag het hy amper vergete geraak, in so ‘n mate dat die samestellers van die Paul Roos 150-feesboek, nie eers na hom verwys nie.
Langham Dale Murray (1892-1976) was die kleinseun van een van die stigters van die skool, John Murray, een van die eerste twee professore aan die Kweekskool. Hy slaag in 1907 sy School Higher aan die Stellenbosch Boys’ High School en behaal ook hier in 1908 sy matrieksertifikaat.
(Soos gepubliseer in Die Burger van 22 Januarie 2021)
Daar word dikwels bespiegel oor die gebruik van die titel “rektor” wanneer daar na die skoolhoof van Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch verwys word. Hoe is dit moontlik dat ‘n skool ‘n “rektor” as hoof kan hê, word gevra?