Groot manne het op hierdie skoolbanke gesit

Meer as ‘n honderd jaar gelede het dertig Stellenbossers bymekaargekom en besluit om ‘n skool te stig. Op 1 Maart 1866, presies honderd jaar gelede, het die skool tot stand gekom – ‘n skool wat manne soos genl. Smuts, genl. Hertzog, Jan Celliers, Danie Theron, Bosman Di Ravelli, genl. Christiaan Beyers en talle ander sou oplewer; ‘n skool waar genl. Smuts byna geskors is en waar dr. D.F. Malan saam met ander leerlinge in ‘n gronddam moes bad.

Continue reading Groot manne het op hierdie skoolbanke gesit

Paul Roos se 1906-span se rare grammofoonplate

Skaarser as hoendertande, dis wat die vier langspeelplate van 1906 is waarop die Springbokspan na Brittanje ‘n aantal opnames gemaak het tydens hul toer. Wat die plate nog meer versamelaarstatus gee, is dat dit blykbaar die eerste plate is waarop Afrikaans gebruik word.

Argivaris Mariena Kotze het hierdie artikel deur Con Groenewald in ‘n Huisgenoot van 31 Desember 1965 vir ons opgespoor. Lees self oor die inhoud van hierdie veteraanplate in Afrikaans en laat ons weet of julle van enigiemand weet wat hierdie plate besit. Self kon ons niks opspoor op die Internet nie en ook YouTube gee geen idee van hoe hierdie Springbokke gesing het op hul toer en selfs gedigte voorgedra het nie.

Bosman di Ravelli, pianis van weleer

Vere Bosman di Ravelli was die naam wat Jan Gysbert Hugo Bosman, waarskynlik ‘n matrikulant van 1898 aan die toenmalige Stellenbosch Gimnasium, aangeneem het toe hy die eerste gebore Suid-Afrikaner word om as pianis erkenning in die buiteland te verwerf.

Vandag het hy amper vergete geraak, in so ‘n mate dat die samestellers van die Paul Roos 150-feesboek, nie eers na hom verwys nie.

Continue reading Bosman di Ravelli, pianis van weleer

Honoris Crux-ontvanger Michael Prins (1973) besef vandag beskermengele het na hom omgesien

Michael Prins (1973) se onverskrokke optrede tydens Operasie Savannah om ‘n makker te red, is onlangs weer in die geheue geroep toe Mariena Kotze van die PRG argief op sy verhaal in die boek Honoris Crux: Ons dapperes deur At van Wyk afgekom het.

Continue reading Honoris Crux-ontvanger Michael Prins (1973) besef vandag beskermengele het na hom omgesien

Groot Griep van 1918 het ook sy tol geëis

Die Covid-19-virus lê tans die land en die wêreld lam en eis toenemend lewens.

Ietwat meer as ‘n honderd jaar gelede was die wêreld in die greep van ‘n H1NI-virus of ook bekend as die 1918 Spaanse Griep, wat deur kenners as die ergste in die geskiedenis van die mensdom beskryf word.

Volgens ‘n berig op die IOL-webtuiste het die Amerikaanse Sentrum vir Siektebeheer beraam dat dié virus tussen 1918 en 1919 meer as 500 miljoen mense oor die wêreld heen geaffekteer het en tien present van hulle het oor ‘n tydperk van 24 weke gesterf. Continue reading Groot Griep van 1918 het ook sy tol geëis