‘n Skool van geleenthede

Met drie Old Boys wat ons land tans in die Rugby-Wêreldbekertoernooi verteenwoordig, gaan dit niemand verbaas dat die klem in hierdie nuusblog op sport val nie. Dit is nog te vroeg om blydskap of teleurstelling uit te spreek, maar wat alle Paul Roosers weet, is dat dit nie eintlik oor wen of verloor gaan nie. Dit gaan oor balans in jou lewe en ons glo almal dat ‘n gesonde liggaam ‘n gesonde gees huisves.

Continue reading ‘n Skool van geleenthede

Chairman’s report / Voorsittersverslag

OBU Chairman Nils Flaatten

Reunions

Op Vrydag 22 September 2023 het die matrieks van 1958 hul 65-jaar-reünie gevier. Die groep is hartlik deur die rektor mnr. André van Staden in die J. F. Marais-Mediasentrum verwelkom en toegespreek. Die groep het ‘n skoolbesigtigingstoer geneem wat deur mnr. Dorfling Terblanche gelei is. Hierdie besonderse groep manne onder leiding van prof. James Joubert (1958) het daarna ‘n watertand-middagete by Markötter-Sportsentrum geniet. Die res van die middag het hul almal saam by Babylonstoren gekuier en die aand gesellig afgesluit by die Volkskombuis restaurant.

Continue reading Chairman’s report / Voorsittersverslag

Old Boys sorg vir spesiale oomblikke by Rugby-Wêreldbekertoernooi

Noudat die Bokke die riller van ‘n Hanegeveg oorleef het, dramaties die Engelse uitgeskakel het en die troosprys vir die Franse die reuse-sukses van die Rugby-Wêreldbekertoernooi is, kan ‘n mens bietjie terugkyk op ‘n klompie spesiale oomblikke waarby Paul Roosers betrokke was.

Continue reading Old Boys sorg vir spesiale oomblikke by Rugby-Wêreldbekertoernooi

Sportsmanship continues to triumph

The previous PRG rector Jannie van der Westhuizen recently discussed two PRG rugby incidents in Die Burger to demonstrate that even though sport has irrevocably become a huge industry, it is the stories that will be remembered years later and not the results. Stories deeply define the true nature of sport. It enriches the space in which players and athletes participate and which fans and spectators want to see, enjoy and remember.

Thank you to Die Burger for kindly making Jannie’s article available in PDF format to the Old Boys News Blog for all to read.

Nuwe Johan J Ferreira Hoëprestasiesentrum geopen

Wyle Johan Ferreira se weduwee, seuns en hul eggenote by die naambord van die opgegradeerde hoëprestasiesentrum.

Op Dinsdag 26 September 2023 het Paul Roos Gimnasium die nuut opgegradeerde Johan J Ferreira Hoëprestasiesentrum amptelik in gebruik geneem. Beleggers, projekbestuurders, argitekte, potensiële vennote en gemeenskapsrolspelers het die geleentheid bygewoon.

Continue reading Nuwe Johan J Ferreira Hoëprestasiesentrum geopen

Boomplantdag 2023: Klas van 1973 skenk weer bome aan leerders

Bauhinia galpinii-saailinge is deur die Klas van 1973 aan die skool se Societas-vereniging geskenk vir vanjaar se Boomplantdag. Dit oorhandiging het ook deel van die Lenteloop-projek gevorm.

Prof Sarel Steel staan hier saam met (van links) Francois Dercksen, Louw Smit en Dian Kauffman.

Die boom staan ook as Vlam-van-die-vlakte of Kameelpoot bekend oor die vorm van sy blare bekend en word ook deur baie as die “Trots van De Kaap” bestempel.

Continue reading Boomplantdag 2023: Klas van 1973 skenk weer bome aan leerders

Nuwe Leerderraad aangewys

Ons gelukwense gaan aan die nuut verkose leerderraad onder leiding van Riley Norton (hoofseun), Oliver Reid (onderhoofseun) en Christiaan Cronjé (onderhoofseun). Die volledige raad bestaan uit agter van links: Steffan Thielen, Reuben Sendzul, Christian Kolbé, Francois Dercksen, Samuel Badenhorst, Oliver Reid, Riley Norton, Christiaan Cronjé, Nicolaas van der Westhuizen, Stefan van Heerden, en Adam October; en voor van links mnr AC Blume, Christiaan Rode, Hilton Smyth, Ivan Radley, Louw Smit, Rohan van Loggerenberg, Henry du Plessis, Joshua Smit, Tatenda Kasinamunhu, Ethan Vlismas, Caleb Waugh, Dian Winkel, me Johandri Kriek, en rektor André van Staden.