Van links James-Barrie Smith (1981), Juan Morisson (1981), Herman Liebenberg (1981), Marelise Visagie (Lew Geffen Sotheby’s International Realty), Gustav Potgieter (1981) en Kobus Potgieter (1981).
Geagte Old Boy
Die jaar 2020 het op ‘n galop weggespring. Ons is al in Maart en die komitee is vol planne vir 2020. Daar het intussen ‘n GROOT klip in die pad gerol, by name Covid-19, wat ons planne deurmekaar gekrap het. Continue reading Voorsittersverslag / Chairman’s message
Antonie Jacobs en Sigi Howes by die blou gedenkplaat wat voor die hoofgebou aangebring is.
Die bewoording op die Gedenkplaat
In the November 2019 edition of this news blog we reported extensively on the Blue Plaques that were awarded to Paul Roos Gymnasium, only the second school outside of the Cape Peninsula to be bestowed the honour. These plaques are the international symbol for recognition to buildings and places that are of historical importance to the country and community in which they are situated. Beginning of March, just a day after the school’s 154 anniversary, Blue Plaques were unveiled in front of the main school building, the Japie Krige Hall and the old LPR building.Continue reading Paul Roos se Blougedenkplate onthul
Applications are now awaited for the sought after Rhodes Bursary, which is annually awarded to a former student of Paul Roos Gymnasium or its sister schools in Stellenbosch – Rhenish Girls High and Hoër Meisieskool Bloemhof.
Die jaarlikse Paul Roos Classic wat op 20 Februarie by die Stellenbosch Gholfklub gehou is, was weer eens baie suksesvol. Nie net het die OSU dié geleentheid benut om geld in te samel om sy uitgawes aan salarisse, nuusbriewe, ensovoorts te dek nie, maar ook was dit waardevol om kamaradie te versterk en ‘n bietjie te ontspan. Klik hier vir ‘n fotobeeld van die dag. Die foto’s is geneem deur Digital Image Warehouse (EJ Langer).
Ons het weer ‘n wonderlike aanbod op ‘n besonderse versamelaarswyn… hier is jou kans om ‘n unieke wyn aan te skaf teen ‘n prys wat nie sommer geklop sal word nie. Continue reading Spesiale aanbiedinge / Special offers
Dit is lekker om te sien hoe ‘n tradisie voortgesit word. Op hierdie foto is daar nie minder nie as 23 Old Boys wat hul graad 8’s vir hul eerste dag op Paul Roos Gimnasium skool toe gebring het. Die foto is van Facebook af gelig en ons het ongelukkig nie almal se name nie. Dit sal hoog op prys gestel word as iemand ons daarmee kan help. Skakel vir Hugo Truter by 0832676750.
Die jongste Semper em Concipio sal binnekort aanlyn beskikbaar wees. Kliek hier vir ouer weergawes, asook ‘n skakel na die eerste Semper van 2020, wat binne ‘n week of wat beskikbaar sal wees. Continue reading Nuuskierig oor wat op die skoolgrond aangaan?
The Old Boys’ Union committee and the London Polla in association with Stonehage Fleming will be honoured if you could join us at the Old Boys’ Dinner on Thursday 2nd July 2020 from 6:00 pm to 8:30 pm at Stonehage Fleming, 15 Suffolk Street, London, SW1Y 4HG. Continue reading London Old Boy’s Drinks Reception
Dié groep Paul Roosers het nie net die ongewone ding gedoen om hul reünie saam met Bloemhof se klas van dieselfde jaar te hou nie, maar ook die afkondiging van die streng Covid19-voorkomingsmaatreëls met ‘n paar uur geklop!
Meeste van die ander reünies wat vir vanjaar beplan is, moes noodgedwonge uitgestel word.
Die gesamentlike reünie is oor die naweek van 13 en 14 Maart 2020 gehou. Ons het nog nie die volledige verslag ontvang nie, maar dit lyk of die here en dames dit baie geniet het.
Klasreünie 1980
Heel Agter: Arnaud Malan, Timo le Roux.
Staande: Poela Heunis, Johann du Toit, Stiaan Engelbrecht, Pieter Dempers, Fanie Viviers, Andre Maree, Steve Cilliers, Marius Roux, Graham Rosendorff, Jan van Wyk, Gerhard Gillomee, Christo Killian, Wuim Mostert, Deon van Eeden, Rob Reinecke, Ettinne de Beer, Niel Jolly, Pieter Gildenhuis, Christoff Hanekom.
Voor: Christian Meyer, Marius Burger, Connie de Beer, Hans Heuer, Ferdi Krige, Pieter Muller, Christo Rust, Johan Loubser, Frikkie Fourie, Tertius Carinus, Jeff Wedgewood.
Reünie 1980 met Bloemhof
Agter: Christof Hanekom, Landa Roux, Pieter Müller, Stiaan Engelbrecht, Tertius Carinus, Poela Heunis, Carla Lind (Maree), Uta Junghardt (Reuter), Chris Meyer, Elsabe Eybers (Heydenrich), Hans Heuer, Clinton del la Hunt, Terry de Vries, Frikkie Fourie, Robert Laurie, Alison du Toit, Elza van der Merwe (Marais), Willie Thiart, Karen de Kock (Le Roux) , Johann du Toit, Johan Loubser en Kim Lord.
Voor: Rob Reinecke, Marius Roux, Ferdi Krige, Christo Rust, Estelle Eksteen.
Die OSU-komitee in samewerking met die skool het die reünies, dinees en ander gesellighede vir eers onbepaald uitgestel.
Sodra daar meer klarigheid is oor wat die toekoms inhou gaan ons voort met die bepaling van datums. Ons is versigtig om nie nou enige datums te finaliseer nie.
Ons bring u graag op hoogte so gou moontlik.
The OBU committee in collaboration with the school has postponed the reunions and dinners indefinitely.
As soon as there is more clarity about what the future holds, we will continue to set dates. We are currently careful not to finalise any dates.
Vir ons Old Boys is dit altyd hartseernuus om van die afsterwe van iemand uit ons geledere te verneem. Maar ons weet dat die dood ʼn onvermydelike deel van ons aardse bestaan is.
We would like to pay tribute to the following members of our fraternity who shared our hallowed school grounds with us and contributed in some or other way to the memories many of us treasure:
Dan van Tonder (1973);
Wouter Pienaar (1958), oud-OSU voorsitter;
Jean Smit (1960), seun van oud-rektor Gert Smit (1959 tot 1969); en
Niël Esterhuyse (1978).
Semper Recordatus Numquam Oblitus (“always remember never forgot”)