Edition / Uitgawe Dec 2025

Old Boys borg bome op wal van Eersterivier

Nuwe geleenthede word soms of dalk meer dikwels deur teenspoed gebring. Skuins oorkant die koshuise het ‘n groot deel van die wal van die Eersterivier sowat twee jaar gelede ineengestort weens vloedwater. Na die wal en pad herstel is, was daar ruimte om nuwe bome aan te plant.

Dup Venter (1975) het begin borge soek om ‘n aantal wildeolyfbome aan te plant daar en binne ‘n kort tydperk het ‘n paar Old Boys die boompies geborg wat in September vanjaar aangeplant is.

Die boompies sal versorg word deur die Stellenbosch Trail Fund, wat al die afgelope paar jaar baie bome langs die Eersterivier aangeplant het.