Edition / Uitgawe Nov 2019

Beroep op Old Boys om droogtehulpfonds te steun

Leon Mostert (1973) het na ʼn besoek aan Sutherland waar hy die omvang en impak van die droogte besef het, sy klasmaats genader om die Sutherland-droogtehulpfonds te steun. Die OSU het besluit om die fonds onder alle Old Boys bekend te maak omdat daardie boere dit bitter nodig het.

Fondse word in die trustrekening van ʼn prokureursfirma inbetaal. Die firma administreer die fronds gratis en sal die uitbetalings hanteer. Die verspreiding van voer sal deur die plaaslike
boerevereniging gedoen word. Klik hier vir die bankrekeningnommer en verwysingsnommers.