Edition / Uitgawe Nov 2019

Drie Eendrag-prims op ʼn ry kom van Paul Roos

Dit gebeur nie aldag dat drie Paul Roosers mekaar een na die ander opvolg as primarius van ʼn universiteitskoshuis nie.

By Universiteit Stellenbosch se Eendrag-koshuis volg vanjaar se primarius, Alten du Plessis (2016), in die spore van Liam Cloete (2015), wat in 2018 tot primarius verkies was, en Willem Rautenbach (2013) wat in 2017 in dieselfde posisie aangewys was.

Alten Du Plessis (regs) en Daniël Hugo (links) is onderskeidelik primarius en onder-primarius van Eendrag-koshuis op Stellenbosch.