
Dit is lekker om te sien hoe ‘n tradisie voortgesit word. Op hierdie foto is daar nie minder nie as 23 Old Boys wat hul graad 8’s vir hul eerste dag op Paul Roos Gimnasium skool toe gebring het. Die foto is van Facebook af gelig en ons het ongelukkig nie almal se name nie. Dit sal hoog op prys gestel word as iemand ons daarmee kan help. Skakel vir Hugo Truter by 0832676750.
