Edition / Uitgawe Dec 2021

Secunda: Nuwe koshuis in gebruik geneem

The great need for hostel accommodation at Paul Roos Gymnasium was recently addressed with a project creating 18 more beds and a room with an en suite bathroom for a live-in assistant. Secunda is the beginning of a new hostel, but will at first be managed as an annex for grade 10’s of the Nova Hostel.

Vooraansig van Secunda, wat in akkommodasie vanaf ‘n busstoor omskep is.

Die ou busstoor wat ook ‘n ruk lank oom Polla se boekwinkel gehuisves het, is omskep in ‘n splinternuwe koshuis, Secunda.

Dit is moontlik gemaak deur skenkings van individue wat gevra is om by te dra tot die opgradering van die koshuise die afgelope paar jaar.  Die skool kon hierdie bydraes tesame met ‘n banklening gebruik om dié pragtige fasiliteit te skep. Die name van die skenkers is op ‘n donateursbord in die voorportaal van Secunda aangebring. 

Daar is ‘n baie groot vraag na koshuisakkommodasie en die plan is om die skool se huisvestingskapasiteit nog verder uit te brei. Secunda het 18 beddens vir seuns en ‘n en suite-kamer vir ‘n inwonende assistent. Secunda sal vir eers as ‘n anneks van Nova-koshuis bedryf word. 

Aanstaande jaar sal graad 9’s van Nova daar bly. Met die aanbeweeg na graad 10 sal hulle weer in Nova geplaas en ‘n volgende groep graad 9’s in Secunda gehuisves word. Tot tyd en wyl die skool nog kapasiteit byvoeg, sal dit die reëling wees.

Enigiemand wat ‘n bydrae wil maak, is welkom om Frans van Niekerk te kontak by fvnkerk@paulroos.co.za. Bydraes kan van belasting afgetrek word.

Met dié bord word erkenning aan donateurs gegee.