Edition / Uitgawe Jul 2022

Onthou, ek was in Paul Roos op skool!

Jean du Rand skryf oor haar pa, Ian Walls:

 Hy is op Maandag 18 April 2022 oorlede na ‘n aaklige, baie pynlike kankerlyding. Sy roudiens is op Dinsdag 26 April vanuit die NG Kerk Suiderstrand in die Strand gehou.

Ons sal altyd by Paul Roos verby ry en met eerbied en agting kyk na ons pa se geliefde skool! Sy woorde was gereeld: Onthou ek was in Paul Roos op skool!

Lekker dag

(Red: Ian het nooit in sy gesonder jare die gebruiklike jaarlikse middagete vir senior Old Boys misgeloop nie, altyd dankbaar met so ‘n mooi glimlag.)