Die OSU-kantoor het ons laat weet dat die feeswyn Splendidior 150 totaal uitverkoop is.
Dankie aan almal wat gehelp het om hierdie Cabernet Sauvignon met ‘n vierstergradering van John Platter te maak. Dit het die volgende kelders ingesluit: Beyerskloof, Edgebaston, Kaapzicht, Kanonkop, Kleine Zalze, Meerlust, Middelvlei, Neil Ellis, Overgaauw, Rust en Vrede, Simonsig en The Stellenbosch Reserve.
Hopelik is daar nog ‘n paar bottels in iemand se kelder as jy wil vasstel of Platter in die kol was met sy beskrywing: “Silky smooth body, a long life ahead. Splendid indeed!”
