Die konsep van Pollas het nou goed posgevat. Verskeie geslaagde byeenkomste is al plaaslik en in die buiteland gehou en daar word nog ‘n hele paar binnekort beplan.
Klaar gekuier
Benelux

By die Benelux Polla op 13 Julie was van links Anton van Niekerk (2012), James Fouché (1999), adjunkrektor Frans van Niekerk, Jean-Krijn Geldenhuys (2012), JP Kleynhans (2015), Karl Nieuwoudt (2006), Vincent Cabano(2010) en Francois Smal (2010). Die saamtrek is by Winkel van Sinkel in Utrecht gehou.
Australië

Wat ‘n voorreg was dit vir Albie van Eeden (1985) om in Australië 38 jaar later om dieselfde etenstafel met een sy voormalige Engelse onderwysers by PRG ‘n broodjie te breek. Ray Theron was vanaf Julie 1976 tot Maart 2000 ‘n leerkrag by die skool gewees.
In die pyplyn
George en Mosselbaai Polla:
Ons hou ons laaste Polla vir die jaar op 1 November 2023 by die George sportklub vanaf 11:00 die oggend. Versprei asseblief die boodskap en manne wat ‘n saamrygeleetheid vanaf Mosselbaai of elders soek, moet net ‘n boodskap op ons groep plaas en dit word gereël. Daar sal “snack”-borde wees en braaipakke. Kom ons maak dit ‘n grote.
Cape Town
Save the date! Potential Polla in Cape Town 16th November! Guys are planning a classy venue!
Swakopmund
Die reëlings is in plek vir ‘n byeenkoms op 24 Februarie 2024. Nie net Old Boys, maar ook ouers wat van voornemens is om hul seuns na Paul Roos Gimnasium te stuur, kan die geleentheid bywoon. Sien die uitnodiging hiernaas.

