Edition / Uitgawe Apr 2024

Philip Erasmus (1966) se Sanipas-prestasie laat klasmaat ver terugdink

Philip Myburgh het laat weet dat sy naamgenoot (Philip Erasmus) as deel van sy BB2BB-fietstog die Sanipas op Maandag 1 April aangedurf het.

“Lyk my hy geniet dit, indien dit moontlik is wanneer mens uit vrye wil besluit om die Sani-pas tot by die Lesotho-grens te ry.

“Ek en Philip was saam in Sub A in Bloemhof (die perseel was waar Decameron tans is) en ook saam in 1966 in PRG. Daar was ‘n tydperk toe hy en sy familie op ‘n ander plek gebly het, maar ongelukkig kan ek nie onthou wanneer hy weer Stellenbosch toe getrek het nie.

“Ek heg ‘n foto van ons Sub B klas aan. Daar was ‘n paar ander maats wat ook hulle hele skoolloopbaan saam met was,” vertel Philip Myburgh. Hy wil weet of dit hulle as Bloemhof Old Boys kwalifiseer.

Saam met Philip Myburgh (1966) in Sub B was in die agterste ry van links derde Thys Kritzinger, vierde  Philip Erasmus, en hyself (Philip Myburgh) sewende; In die tweede ry van agter, staan Johan Mostert (vierde) en Johan Pieterse (negende). Die juffrou en meisies se name het verlore gegaan, maar dit is waarskynlik Susan Kempen in die voorste ry, vierde van links.