
Sittende van links: Doempie Swartz, Malcolm Steer, Reinhard Meyer en Steph du Toit.
Om die 60-jaar-reünie van Old Boys by Paul Roos te kon bywoon, was ‘n besondere mylpaal. Baie lede van die klasgroep was al van standerd 1 (deesdae graad 3) by LPR saam – dus 10 jaar. Van hulle was vir substanderd A en B (huidige graad 1 & 2) in Bloemhof, Rhenish of Denneoord (1953 -1954). Dit was hul enigste ervaring gewees om saam met dogters te kon skoolgaan.
Volgens die eerste klaslys was daar 103 leerders in die matriekgroep van 1964, maar op die matriekfoto is daar slegs 98. Tans is daar 37 op die klaslys. Slegs 15 kon dit bywoon. Twee kon dit nie bywoon nie as gevolg van mediese redes en twee as gevolg van ander afsprake.
Hulle het betaal, maar omstandighede het dus verhoed dat hulle kon bywoon. Die betaalde bywoning was 51,4% Dit is uitstekend, want ‘n reünie word as ‘n sukses beskou as die bywoning 40% is.
Die reünie is op 18 April 2024 gehou in die Markötter-Suite, waar Helene van Wyk weer eens die geleentheid met haar verruklike spyseniering ‘n feesmaal gemaak het. Daar was genoeg wyn en ‘n oop kroeg, wat alles uit skenkings gedek kon word.
Die aand was so ‘n sukses dat daar besluit is om meer gereeld as elke vyf jaar bymekaar te kom. Die gevoel is dat gereelde informele funksies gereël moet word eerder as vyfjaarreünies.
“MAG DIE WêRELD ‘N BETER PLEK WEES AS GEVOLG VAN DIE FEIT DAT JY GELEEF HET”
Oktober 1964 – Op agterblad van ons afskeidsboekie.
Edward (Junior) Smuts
