Edition / Uitgawe Oct 2024

Old Boys-spanne vaar goed in hul wedstryde teen Grey College

PRG se Old Boys het gewys dat hulle nog hul man kan staan in die interskole teen Grey-kollege.

Op Vrydag 16 September was daar’n waterpolowedstryd wat ons Old Boys gewen het met die meeste strafdoele aan die einde.

Die PRG Old Boys Hokkie span het op dieselfde aand in hul wedstryd het 1-1 gelykop gespeel.

Op die Stellenbosse golfbaan het PRG se Old Boys met 12.5 teen 9.5 oor Grey se Old Boys geseëvier.

Ongelukkig het ons nie name nie, maar die lekker van sportief wees vertel alles in die meegaande foto’s.