Edition / Uitgawe Dec 2024

Markus Reuter nuwe toevoeging tot eredoktorandi-lys

Prof Markus Reuter (1976) het in November by PRG kom kuier en vir die eerste keer gesien hoe pryk sy naam op die lys van oud-skoliere wat ‘n eredoktorsgraad van die Universiteit van Stellenbosch ontvang het.

Hy het die graad Doktor in die Ingenieurswese (DIng) honoris causa in 2017 ontvang vir sy uitmuntende bydrae tot die wetenskap, tegnologie en bedryf van metaalproduksie, herwinning en hulpbrondoeltreffendheid, en sy volgehoue bemagtiging van jong ingenieurs om die volgende generasie denkleiers te word en die taak oor te neem om ’n volhoubare toekoms vir almal te verseker.

Lees meer hieroor op: https://paulroosoldboys.co.za/2017/12/markus-reuter-1976-vereer-deur-universiteit-van-stellenbosch-met-eredoktorsgraad/