Edition / Uitgawe Dec 2024

Waar kry jy jou baadjie en ander memorabilia?

Die Splendidior-winkel op die skoolterrein onder die Japie Krige-saal, langs Roosinbosch-kafeteria, is nie net vir nuwe skool- en sportuitrusting nie. Dit is ook die plek waar jy jou Oudleerder-baadjie kan bestel en ondersteunersdrag kan koop.

Die winkel se besigheidsure is gedurende skoolkwartale van 07:30 tot16:00 op skooldae. Dit is gewoonlik gesluit op Saterdae, maar met die oog op die nuwe skooljaar is dit ook op Saterdae van 08:00 tot 13:00 oop, tot en met 20 Desember 2024. Op Sondae, openbare vakansiedae en gedurende skoolvakansies is dit gesluit.

Debiet- en kredietkaarte word aanvaar, behalwe Diners Club en American Express.

Die skoolkwartale in 2025 is soos volg:

  • 15 Januarie – 28 Maart (oop 6 Januarie en sluit 28 Maart)
  • 08 April – 27 Junie (oop 7 April en sluit 27 Junie)
  • 22 Julie – 3 Oktober (oop 21 Julie en sluit 3 Oktober)
  • 13 Oktober – 10 Desember (oop 10 Oktober en sluit 20 Desember)

Kontak kan gemaak word per:

  • Epos: splendidior@dejagers.co.za
  • Landlyn: 023 004 1568
  • WhatsApp: 066 294 0629
PRG OBU Merchandise / PRG OSU Klerasie

Make sure you show your support for PRG by wearing any of the following: Beanies, Scarves, Crew Neck Sweater, Hoodie, Golf shirt, Caps and Puffer Jackets:
https://wearwithpride.co.za/product-category/paul-roos-old-boys/

PRG Veldskoen:
https://www.veldskoen.com/products/paul-roos-veldskoen

PRG Old Boys Blazer:
The Old Boys Blazer can be ordered at Splendidior Brand Shop, the order form and updated 2024 prices are available here.