In the November 2019 edition of this news blog we reported extensively on the Blue Plaques that were awarded to Paul Roos Gymnasium, only the second school outside of the Cape Peninsula to be bestowed the honour. These plaques are the international symbol for recognition to buildings and places that are of historical importance to the country and community in which they are situated. Beginning of March, just a day after the school’s 154 anniversary, Blue Plaques were unveiled in front of the main school building, the Japie Krige Hall and the old LPR building.
‘n Dag na die skool se 154ste verjaarsdag, op Maandag 2 Maart 2020, is Paul Roos se Blou Gedenkplate heel gepas tydens ‘n kort seremonie onthul.
In ons Desember-nuusbrief het ons die volledige motiveringsaansoek geplaas wat daartoe gelei het dat die skool hierdie gesogte status gekry het.
In haar toespraak het me Sigi Howes van die Sentrum vir Bewaringsopvoeding gesê Paul Roos is maar net die tweede skool buite die Kaapse Skiereiland wat hierdie eer te beurt val.
Blou Gedenkplate is ʼn internasionaal-erkende simbool van geboue en plekke wat van groot belang in die geskiedenis en erfenis van die plaaslike gebied is. Die toekenning van ʼn Blou Gedenkplaat hou verskeie voordele in; onder meer verleen dit erkenning aan die skool vir die bydrae wat hy tot onderwys in die gemeenskap en tot onderwys in die algemeen gemaak het.
Die rektor, mnr. André van Staden het in sy toespraak aangehaal uit Mariena Kotze van die Argief se motiveringsaansoek, sien https://paulroosoldboys.co.za/2019/11/blue-plaque-status-for-paul-roos/.
Die onthulling is waargeneem deur mnr. Antonie Jacobs, oud-voorsitter van die skool se beheerliggaam.
Drie plate is op die skoolterrein aangebring: voor die hoofgebou, by die Japie Krige-saal en by die ou LPR-gebou.
