
Geagte Old Boy
Die jaar 2020 het op ‘n galop weggespring. Ons is al in Maart en die komitee is vol planne vir 2020. Daar het intussen ‘n GROOT klip in die pad gerol, by name Covid-19, wat ons planne deurmekaar gekrap het.
Die eerste Pollas, gehou in November, was suksesvol met Pollas wat plaasgevind het in Helderberg, Stellenbosch, Windhoek, Kaapse noordelike voorstede, Pretoria, Oos-Kaap, Johannesburg en Suid-Korea. Die datums vir vanjaar se byeenkomste is reeds gekommunikeer, met die eerste wat op 19 Maart gehou sou word, wat intussen afgestel is. Hou asseblief ons Facebook-blad en Whatsapp-groepe dop.
Out of these Pollas the PRG Old Boys Business Network FB-page was born with already 900 Old Boys participating. Thanks to Etienne Beneke (1988) for this initiative. The whole idea is to try and support fellow Old Boys in their businesses, where possible.
Die jaarlikse Paul Roos Classic is op 20 Februarie by die Stellenbosch Gholfklub gehou en was ‘n reuse-sukses. Dit is die geleentheid waar die OSU geld insamel om hul uitgawes soos salarisse, nuusbriewe, ensovoorts te dek. Die veld was al vroeg volbespreek. Ons wil graag al die borge en veral vir Marelise Visagie van Lew Geffen Sotheby’s bedank vir haar voortgesette ondersteuning. Volgende jaar se gholfdag vind op 18 Februarie 2021 plaas en ons sal op elkeen se ondersteuning wil staatmaak.
The following important date on our calendar was 16 April, when the Captain’s Dinner was supposed to be held, but is also postponed to a later date to be confirmed. Unlike 2 years ago, this is open to all supporters and Club 1000 members and not limited to the 1st and 2nd rugby players of the past. This promises to be an outstanding evening with four of our five World Cup winning Springboks in attendance. This event is now sold out with over 600 confirmed guests.
Die massa-reünie vind in hierdie stadium voorlopig op die 17de Julie plaas, waartydens die klasreünies van 1960, 1970, 1990, 1995, 2010 en 2015, ook plaasvind. Hierdie datum mag moontlik weer verander. Daar is besluit om op die massa-reünie die Helene van Wyk Old Boys Welwillendheidsfonds amptelik te loods. Daar word beplan om dit ‘n baie spesiale aand vir Helene te maak, om haar vir meer as 50 jaar diens aan ons alma mater te bedank.
Soos voorheen genoem, is hierdie nie-winsgewende maatskappy reeds gestig en wag ons op SAID vir Artikel 18-goedkeuring om bydraes tot die fonds belastingaftrekbaar te maak. Die doel van die fonds is onder meer die volgende: mentorskap, hulp aan behoewende Old Boys en hul kinders op skool, berading, ensovoorts. Jul ondersteuning sal hoog op prys gestel word en kom ons kyk of ons meer as verlede jaar se sowat 320 gaste kan lok.
The 3rd annual London reunion will take place on 2nd of July in central London, with our host, Giuseppe Ciucci (1981) as our guest speaker. The Old Boys committee is sponsoring the Rector and Elza to attend this dinner. An enormous gratitude to Stonehage Fleming who is sponsoring this event.
Daar is ook ‘n tweede dame in ons kantoor aangestel om die ervaring van die Old Boys uit te brei en Elza in staat te stel om by meer verpligtinge uit te kom.
Alles wat mooi is en vriendelike groete van jul Old Boys-komitee en onthou om jul hande gereeld te was!
Gustav Potgieter
Voorsitter
083 302 1525
gustav@aurumtrust.co.za
