Wouter Pienaar, ‘n oud-voorsitter van die OSU, bekende wynmaker en geliefde Stellenbosser is onlangs oorlede. Pietman Retief, ook baie bekend in die wynwêreld, het by sy roudiens hierdie huldeblyk aan sy jarelange vriend gelewer. Wouter het van die eerste Old Boys-wyne gemaak, soos die Jolla Bolla en Welgevallen.
Dit is vir my ‘n eer om ‘n huldeblyk te bring aan Wouter namens sy vriende — sy baie vriende. ‘n Vriendskap wat strek oor 50 jaar waartydens ons mekaar intiem leer ken het en mekaar se vreugdes en teleurstellings saam belewe het, maak die afskeid van ‘n besondere vriend geensins maklik nie.
Wouter is our friend that did not wait for awards or accolades to be bestowed upon him, but fulfilled his responsibilities with the necessary loyalty, discipline and enthusiasm. He unselfishly offered his knowledge, experience, and friendship with compassion to the people around him. He believed in upholding high standards – a man of true integrity and honesty.
I believe one of Wouter’s outstanding characteristics is his loyalty, loyalty to his friends, but in fact loyalty to every aspect of his life, something remarkable in these times of lightning change and fluctuating relationships.
As liefdevolle pa, oupa en eggenoot, maar ook as pêl, het hy in elkeen van hierdie pragtige familielede van hom se baie aktiwiteite ‘n wesenlike rol gespeel. ‘n Getroue eggenoot – sy liefde en geduld was fenomenaal.
Sy lojaliteit aan sy Alma Mater sal my altyd bybly, en ek is bly dat die Old Boys van Paul Roos so ‘n positiewe boodskap uitgestuur het. Hy was die Gentle Giant, soos hulle sê. Die insette wat hy sedert 1958 aan Paul Roos gelewer het, was besonder indrukwekkend.
Sport was vir Wouter ‘n leefwyse, ‘n passie. Dit was ‘n voorreg om saam met hom in spanne te kon speel, rugby veral, maar ook krieket, en om sy merkwaardige bydrae te kon belewe. Toe hy onlangs by geleentheid losgetrek en die Van der Stelspan opnoem wat in 1968 teen Bellville gespeel het, met die punte en wie dit aangeteken het, het monde oopgeval. Sy lojaliteit teenoor die sportspanne, hetsy Maties, Van der Stel of Paul Roos, sal gemis word.
En die lojaliteit wat hy getoon het aan Stellenbosch Boerewynmakery wat hy vir 38 jare gedien het, bly ‘n voorbeeld vir almal in die wynbedryf, plaaslik en internasionaal. Ek lees graag voor wat Frans Stroebel, sy besturende direkteur in ‘n stadium by Farmers, oor Wouter geskryf het.
“Betroubaar. Keurig en fyn in sy oordeel. Geen vyande ooit nie. Bewonderingswaardig in sy toegewyde liefde en ondersteuning van sy familie. Opreg in sy vriendskappe. Lojaal teenoor sy maatskappy en vriende. ‘n Spesialis en puik kundige in sy dissipline.
“Ek ken geen persoon wat so ordelik en innemend sy daaglikse verhoudinge en insette met nederigheid en stille trots aangepak het nie. Hy het my inspireer sonder dat hy sy rol in my lewe dalk besef het. As ek persoonlik en op my eie in staat was om Wouter ‘n direkteur van SFW te maak, sou ek. Hy was hanteer soos een. Ek sal sy innemende vriendskap altyd vertroetel.”
His loyal involvement in making wine in the Douro Valley every year, where he produced port and red wine for a special friend, was truly remarkable. Wouter, ever humble, received an award for the best red wine at a wine show in Portugal, and the name “Wouter Pienaar” appeared on the labels of the next vintage.
Dan was daar ook sy lojaliteit aan sy vriende. Nooit ‘n harde woord of kritiek teen vriend of vyand het jy van hom gehoor nie. Op sy rustige en kalm manier was hy net altyd daar. Beskikbaar vir hulp, ondersteuning, wysheid, verfrissing van die geheue en propvol geskiedenisfeite.
Wouter will be remembered for his calm demeanour, his caring nature, his kind sense of humour – truly a man at peace with himself. As friends we remember him fondly for his and Rae’s wonderful hospitality – the picture of him stirring his famous potjie over his wheelbarrow braai, is indelibly imprinted on my mind, as are his remarkable crossword puzzle skills, which he applied with almost scientific precision and dedication.
Unforgettable too is Wouter’s love of wine. He was no wine snob; the variety and eventually the brand too – especially after all the amalgamations the local wine industry experienced during recent years– were not of any consequence.
Die samesyn rondom wyn was vir hom heilig.
Wouter was een van die grotes in die wynbedryf. Hy was Meneer Zonnebloem – ‘n etiket wat hy verwerf het met eerlike en harde werk, en ‘n ernstige sin vir verantwoordelikheid wat hy te alle tye uitgeleef het.
Ons sal Wouter mis, hierdie merkwaardige en nederige mens, wie se sagte voetval ‘n onuitwisbare merk op ons almal se lewe gelaat het.
