Edition / Uitgawe Aug 2015

Drieëfees in Feestrui

PRG Rugby 19A vs. Oakdale at Markotter
PRG Rugby 19A vs. Oakdale at Markötter: Leonard is the ball carrier.

Nico Leonard het op 1 Augustus teen Bishops sy 50ste drie vir die eerste span gedruk en sodoende die eerste speler in die skool se geskiedenis geword om hierdie prestasie te bereik.

Hopelik het die spesiale feestrui waarmee Paul Roos Gimnasium vanjaar in sy tuiswedstryde speel vir hom daardie ekstra hupstoot gegee. Volgens Frans van Niekerk, adjunk-rektor, lyk die trui na die een waarmee die Stellenbosche Hogere Jongensskool in die laat 1800’s gespeel het.

Kookwaterrugby word eerskomende Saterdag verwag wanneer die spanne van Paul Roos Gimnasium en Grey Kollege mekaar in die Markötter-stadion pak. Die wedstryd word op televisie uitgesaai. Lees meer hier.