Edition / Uitgawe Nov 2015

150 Trust dra ruim by tot nuwe infrastruktuur

In die vorige nuusbrief het ons berig oor die stigting van die Paul Roos 150 Trustfonds wat ten doel het om die skool se akademiese uitnemendheid te bevorder deur onder meer behuisingsgeleenthede aan onderwysers te voorsien en infrastruktuur te onderhou en op te gradeer.

The board of trustees of this trust fund recently reported that during the past year the fund contributed financially in the order of R2,4 million towards the building of the new music centre as well as personnel accommodation.

akkommodasie
Personnel Accommodation
musieksentrum
Music Centre

‘n Verdere R1,3 miljoen is reeds vir projekte in 2016 toegewys. Benewens voorsiening wat gemaak is vir die delging van rente op die boulening vir die personeelakkommodasie, word verskeie ander akademiese uitgawes asook die deeltydse kontraktering van ‘n opvoedkundige sielkundige om wanneer nodig leerders van die skool te ondersteun, daardeur gedek.

Dié toekennings word gedoen uit die opbrengs op die kapitaal wat reeds in die trust bymekaargemaak is! Die trust is op 18 Maart 2013 gestig met Johann Rupert as beskermheer en ons hoop om al die halfpadmerk na die mikpunt van R150 miljoen teen 1 Maart 2016 te bereik as almal hul deel doen.

Our 150th anniversary offers an unique opportunity to support the noble cause of providing a traditional boys’ school of excellence to Stellenbosch and South Africa. Your donation will be appreciated and make a difference to the future of our country.

Graag gee ons ook erkenning aan wyle Piet Neethling (79, Klas 1952), wat R100 000 aan die 150 Trust nagelaat het. Piet het as hoofbestuurder van Consol en akademikus sy merk in die verpakkingsbedryf gemaak en verskeie eretoekennings ontvang. Hy het op Knysna afgetree, waar hy op 14 Julie vanjaar in die versorgingsafdeling van ‘n private hospitaal oorlede is.

We want to thank Piet, a man of dignity and quiet wisdom right to the end, according to reports, for remembering his roots and foundation. With this generous bequeathment he had set us a wonderful example to follow.

Buiten testamentêre bemakings, waarvan Piet s’n die eerste is, kan enige kontantbedrag (belasting aftrekbaar), eiendom (sonder verbande), skilderye, aandele en so voorts deur die trust ontvang en bestuur word.