Dit is onmoontlik om ʼn preek, die atmosfeer van die oomblik, die musiek en veel meer in 600 woorde weer te gee. Tog waag ons dit om hier enkele hoofsinne uit die boodskap van DR BRAAM HANEKOM by die Feesdiens op Sondag 28 Februarie 2016 aan te haal. Noem dit maar ʼn “verlengde twitter- weergawe” van die boodskap.
1. Kom ons sê dankie
Almal weet dit dalk nie. Maar die skool se begin is veral te danke aan drie dominees: JH Neethling, John Murray en Nico Hofmeyer wat die “het Gymnasium” gestig het om jong seuns beter voor te berei vir hulle teologiese studies aan die Kweekskool! Uit hierdie skool wat inderdaad in 1866 gestig is, sou Paul Roos en ook die Universiteit van Stellenbosch groei…
Die skool het sedert hierdie merkwaardige begin sy merk in die land en oor die wereld gelaat het – nie net in die kerk nie.
Na 150 jaar kan ons terugkyk en sê: U genade was inderdaad groot.
2. Let us celebrate and treasure our brotherhood
When I think about the school, I realise how special it is to have a bond with people that maybe under other circumstances, you would not have befriended or have become connected to.
We come from Mostertsdrif and Khayamandi, from small towns and big cities and even neighbouring countries, but when we walk in and out through the doors of this school, we are one!
Paul Roos not only connects you to other Paul Roosers, but also to a much greater fraternity. The mutual respect that we experience from Grey and others illustrates this.
Mag julle hierdie broederskap koester. Ek is absoluut oortuig dat God hieroor glimlag.
3. Laat ons ʼn baken van hoop wees vir die volgende 150 jaar
Romeine 5:3-5
Kan Paul Roos ʼn baken van hoop vir die volgende 150 jaar wees?
“ ʼn Mens sonder hoop is soos ʼn voël sonder vlerke”
- Real hope is the fruit of perseverance (volharding)
“Your greatness will not be determined by your successes but indeed by the challenges you overcome.”
- Ware hoop groei wanneer jy vashou aan iets wat groter is as jyself en nie net aan jouself nie… dit geld ook vir ʼn skool, ʼn gemeenskap en ʼn land.
- Ek is baie lief vir Afrikaans. Ek dink, bid en skryf in die taal. ʼn Gemeenskap se voortbestaan word nie deur ʼn TAAL gewaarborg nie, maar veral deur die dissiplines, gedrag en morele waardes wat daardie gemeenskap rig.
- Jou gawes kan maklik in die eerste deel van jou lewe jou sukses bepaal. Jou integriteit en karakter gaan jou sukses en veral wat mense van jou dink in die tweede deel van jou lewe bepaal.
- Die vraag is nie net watter soort land ons vir die kinders gaan nalaat nie, maar veral ook watter soort kinders ons vir hierdie land gee.
- Ware HOOP groei daar waar jy jouself prysgee. This is the essence of the Gospel of Jesus Christ. Die hoogtepunt van Lydenstyd is die herdenking van Christus se kruisiging en toe hy uitroep: “Dit is volbring.” “It is finished”. Wat was klaar? What was finished? Above all HE was finished – there was nothing left of him!
As jy dink Paul Roos is bloot ʼn “stepping stone” vir jouself, mag jy bitter teleurgesteld wees. So kan ons ook nooit ʼn baken van hoop vir die volgende 150 jaar wees nie!
Om hoop te skep, vra dat jy jouself sal gee!
Can Paul Roos be a beacon of HOPE for the next 150 years? Surely it can!
But then we will have to live with perseverance, character and integrity.
Maar ook: na die voorbeeld van Christus sal ons bereid moet wees om onsself te gee vir iets wat groter is as onsself! Mag God ons genadig wees.
