Die OSU het onlangs die opbrengs van die 150-duifveiling en –wedvlug, waaroor ons in die vorige nuusbrief berig het, aan die 150-Trustfonds geskenk. Dié geleentheid is deur Tokkas van Heerden (1985) en ʼn span medewerkers van Karoo Vleisboere op Victoria-Wes gereël. Daar is nie net heerlik saamgekuier nie, maar die old boys het ook hul beursies oopgemaak om saam ʼn bedrag van nie minder nie as R492 890 aan die Trust te skenk. Dankie vir almal se bydraes. Op die foto staan van links Arend de Waal (150 Trustfonds-trustee ), Tokkas en Gustav Potgieter (voorsitter van die OSU).
Edition / Uitgawe
Mar
2016
