Sewe Old Boys van 1960 het onlangs ʼn heerlike, ontspanne middagete by die Dienste-gholfklub op Thaba Tshwane (Voortrekerhoogte) geniet as ʼn voorloper vir die Kaapse reünie wat vir later vanjaar beplan word.
Van links staan Norman de Villiers, Eddie van Rooyen, Tinus de Jager, Ulrich Ruch, Bernhard Scheffler, Herman Kriek en Des Jordaan.

