Edition / Uitgawe Jun 2016

The class of 1996 celebrates after 20 years

The 1996 matric class celebrated their 20-year reunion over the weekend of 27 to 29 May in Stellenbosch. The weekend was met with great enthusiasm with classmates who travelled from as far as Norway, the UK, Germany and Dubai. A total of 70 old boys attended the weekend’s festivities.

1996-reünie

Die naweek is afgeskop met ʼn besoek aan die skool die Vrydagoggend. Die groep is ontvang en verwelkom deur rektor Jannie vd Westhuizen en sy adjunk Frans van Niekerk, wat aan die groep verduidelik het wat die huidige visie en missie asook uitdagings van ʼn hedendaagse staatskool behels. Die groep het ook ʼn vinnige draai in die argief gemaak en daarna het mnr. Van Niekerk hulle al die nuwe fasiliteite op die skoolterrein gewys. Die manne was hoogs beïndruk met die instandhouding asook verbeteringe en nuwe toevoegings wat in die afgelope 20 jaar aangebring is. Welgedaan mnr. Van Der Westhuizen en jul span!

After completion of the school tour, the group departed for De Zalze golf course for a full round of golf. The golf was played in a very social and enjoyable spirit in beautiful surroundings, according to the American scramble format. Eight four-ball teams participated and at the end of a very enjoyable day the golf was won by the team of Dean Fall, Paul Schaefer, Carl van Rooseveldt and Danny Streicher. Thanks to our many sponsors for the great golf prizes received from as far as Dubai.

Die Vrydagaand is sosiaal verkeer by De Warenmarkt saam met al die metgeselle. ʼn Totaal van net oor die 100 persone het opgedaag om lekker saam te kuier in die Bosch, net soos in die ou dae!

Saterdag is die manne Markötter toe vir die groot stryd teen Boishaai. Daar is vir ons matriekgroep ʼn “privaat losie” gereël bo-op die klubhuis-gebou van waar ons die maroen masjien se stryd besigtig het. Ongelukkig was dit nie die verwagte uitslag waarop almal gehoop het nie, en het Boishaai bewys waarom hy tans die top-skolespan in Suid-Afrika is en al vir 37 wedstryde onoorwonne is.

On Saturday evening the Old Boys returned to Markötter for a function in the Long Room. The function was also attended by Mr Jock de Jager, our rector in 1996, who shared his thoughts and stories of old. Thereafter Mr Frans van Niekerk told the old boys more about the 150 Trust Fund with its specific vision of ensuring a lasting legacy for future Paul Roosers, through academic sustainability and excellence.

ʼn Veiling ten bate van die 150-Trustfonds is aangebied met behulp van ons professionele afslaer, Carl van Rooseveldt. Items wat wissel van ʼn kis 1996 Jacobsdal Pinotage tot ʼn teekoppie wat tydens Z-dag in 1996 vanuit die personeelkamer gesteel is, is opgeveil. Die totale opbrengs van die veiling het R30,950 beloop. Die manne is toe die geleentheid gegun om verder tot die 150-TrustFonds by te dra deur debietorder-vorms te teken en nie minder as 26 van hulle het dit gedoen vir ʼn totale maandelikse bedrag van R5,324. Die 1996- matriekgroep daag toekomstige reünie-groepe uit om dié bydrae te ewenaar of selfs te verbeter.

A great word of thanks and appreciation to Elza van der Walt from the OBU as well as Mr Van Niekerk for all the help with the arrangements and general admin. The weekend was enjoyed by all and left every one of the 1996 Old Boys with a feeling of pride to have been a part of this very special legacy.   Semper Splendidior!

Van die 1996 Old Boys wat hul slag tydens die reünie op die gholfbaan gewys het, was van links Jacques Heyns, Louw van Tonder, Daniel Eigelaar en Jurgens Hanekom.
Van die 1996 Old Boys wat hul slag tydens die reünie op die gholfbaan gewys het, was van links Jacques Heyns, Louw van Tonder, Daniel Eigelaar en Jurgens Hanekom.