Edition / Uitgawe Oct 2016

Reünie-middagete vir die klasse van 1954 tot 1959

Old Boys wat van 1954 tot 1959 op Paul Roos Gimnasium was, kan naderstaan vir ʼn lekker kuier en middagete by die Markötter op Vrydag 4 November om 11:30.

Dit is belangrik dat getalle vooraf met die spysenier bevestig word. Besprekings en betalings moet voor Vrydag, 28 Oktober ontvang word. Om reëlings te vergemaklik en misverstande te voorkom, moet die voorgeskrewe vorm voltooi en aan die Old Boys-kantoor pere-pos gestuur word. Gades of metgeselle is baie welkom.

Die koste is R140 per persoon.
Navrae aan Elza van der Walt
021 883 8627
oldboys@paulroos.co.za
Kliek hier vir die vorm