Edition / Uitgawe Dec 2016

Toe hulle nog spanmaats was

spanmaats

So ʼn bietjie soet by die suur toe die Springbokke op Saterdag 19 November 2016 ʼn geskiedkundige neerlaag teen Italië gely het: Paul Roos het nie net in die verloorspan, maar ook in die wenspan verteenwoordiging gehad. Die twee Paul Roos-spanmaats van 2010 wat teenoor mekaar te staan gekom het, was Steven Kitshoff (Springbokke) en Braam Steyn (Italië). Hul paadjie het selfs nog verder saamgeloop want op die meegaande foto uit 2012 staan hulle saam met Paul Roos se Meneer Rugby, Frans van Niekerk, en die Sewes-Springbok Tshotso Mbovane, toe hulle vir die SA 0.20-Springbokspan gekies is.