The rugby battles between the Old Boys and the learners of Paul Roos Gymnasium are back, albeit in sevens format and not the fifteen man game of the nineties. A great atmosphere was experienced on the day and it is clear that there is a new event to be marked off on our annual calendar. Francois Schoombee tells the story.

Voor: Rudi ofte wel Mr Rude Badenhorst, Conrad Quick step Burke ’97, Wilde Willem van Wyk ’95, Charl Skillie Cilliers ’93
Heel voor: Kem Bolt Westdyk ’93

Op Dinsdag 11 Oktober 2016 het die jaarlikse rugby-touchies-toernooi tussen die Old Boys en die leerders op Markötter herleef. Voor die touchies-toernooi het ons mos regte vyftienman-rugby teen mekaar gespeel!
Ná lang intense dinkskrums by ʼn watergat of twee word daar op die volgende formaat besluit: ʼn span van sewe met “rolling subs”, op ʼn tweegroep-uitklopbasis. Elke span sal dus twee wedstryde in sy groep speel voor die uitkloprondes aanbreek. Wedstryde is 10 minute aan ʼn kant op die helfte van die hoofveld van die Markötter, gevolglik kon twee wedstryde gelyk plaasvind.
Agt Old Boys-spanne skryf in om kragte met agt skoolspanne kragte te meet. ʼn Lekker gees blyk uit die name: Legends, Babelaspas, GD se span, die Ridge-span, Malan-span, die Haram-believable-span, Fifty Shades of Step en Shorty se span.
Die Legends se kaptein, Merwe The Swerve Schwartz, dink bietjie verder uit die spreekwoordelike boks en kry vir sy span ʼn borg en dis duidelik dat die ou manne in hul swart drag groot wil gaan.
Die wedstryde begin stiptelik om 14:30 en van die begin af is daar strawwe mededinging. Die skoolseuns kom agter dat dit nie ʼn wandeling in die parkie gaan wees nie en dat die Old Boys nog weet hoe om ʼn bal rond te gooi!
Terwyl die wedstryde aan die gang is, word die vure aangesteek vir die spitbraai na die tyd.
Na ʼn erge gehardloop, gebol-rondgooi en gehyg, beland nie minder as drie old boys-spanne in die halfeindstryde. Die Legends speel teen 50 Shades terwyl die Diamonds, met vyf 0/19A-seuns en die SA Skole-losskakel Damian Willemse, wat gelukkig net n paar minute op die veld was kragte meet met Shorty se span. Ons was dus verseker van ʼn span in die eindstryd!
Laatmiddag draf 50 Shades in die eindstryd op die veld teen die sterbelaaide Diamonds. Dis van die begin af ʼn naelbytstryd wat net-net deur die Diamonds gewen word. Hulle word dan die eerste wenner van die Touchies-wisseltrofee. Baie geluk aan hulle!
Agterna laat weet Merwe Schwartz die woorde van Blokkies Joubert het deur die dag by hom opgekom:
As he sits there in the lounge of the old age home
Just north of Beaufort West
and watches a TV program of a Springbok Rugby test…….
Christina, Christina he thinks to himself.
You never would understand
How it feels like to dummy and to side step
with a leather ball in your hand.
ʼn Lekker sportmiddag kom tot ʼn einde met ʼn spitbraai en ʼn paar biere waarna die prysuitdeling die verrigtinge tot ʼn einde bring.
ʼn Groot dankie aan Stephan Jordaan en sy skoolpersoneel vir hul betrokkenheid en die reëlings van die skool se kant en dan moet GD Duvenage en Andre Huisamen bedank word vir hul insette en reëlings aan die kant van die old boys. En ons sou dit natuurlik nie kon regkry sonder Elza se harde werk en betrokkenheid nie.
Volgende jaar vind die toernooi plaas op Vrydag 25 Augustus 2017. Kry dus solank jul spanne reg. Ons wil hierdie keer groter gaan met meer spanne, meer borge, en ʼn nog groter kuier op die Vrydagaand. Daar is ook niks verkeerd wees met ʼn “after party” by De Akker nie!
