Edition / Uitgawe Apr 2017

Gholfdag ’n groot sukses

Die Old Boys-gholfdag gehou op 23 Februarie by Stellenbosch Gholfklub was ’n groot sukses en die OSU bedank graag al die deelnemers, ondersteuners, borge en donateurs.

Kliek hier om te kyk wie almal daar was en ’n paar wenke te kry om jou spel te verbeter.

https://digitalimagewarehouse.smugmug.com/Skole/Paul-Roos-Gymnasium-/Paul-Roos-Old-Boys-Golfday-2017/

Nog ’n hoogtepunt was seremoniemeester Riaan Gerber se staaltjie oor bewerasies op die gholfbaan:

Om gholf te speel is goed vir jou gesondheid, veral vir die manne en vroue wat stap terwyl hulle speel.

Vir die geesdriftige gholfspelers moet die navorsing wat in Swede oor gholf en gesondheid gedoen is, sommer baie goeie nuus wees, want daardie navorsing het bevind hoe meer gereeld jy gholf speel, hoe langer is jou lewensverwagting.

Maar gholf het ook baie elemente van spanning en dis veral daardie 3 voet-sethoue wat jy moet inslaan om vir jou span punte in te samel, wat ’n gholfspeler tot raserny kan dryf.

’n Paar gelede is ’n klompie beroepspelers op die Europese PGA-reeks toegerus met hartmonitors want die doel was om vas te stel hoe groot wisseling van hartklop vind plaas gedurende ’n ronde.

Die bevindings was:

  • Die gemiddelde hartklop van die spelers was tussen 60 en 70 – baie normaal;
  • “First Tee Nerves” is ’n feit soos die spreekwoordelike koei: op die eerste bof, net voordat hulle moes afslaan op die 1ste bof het die spelers se gemiddelde hartklop opgeskiet na 110;
  • Tussen houe (dws terwyl hulle geloop het) was die spelers se hartklop 90 – wat wys dat hulle beheer oor hul senuwees verkry het en kalmer geraak het;
  • Op die setperke en veral as ’n kritieke sethou van ’n paar voet moet geslaan word, het die spelers se hartklop sterk gestyg – tot soveel as 130 slae per minuut

Hierdie statistieke onderstreep die ou gholfwaarheid: setwerk is ’n spel binne ’n spel en die ware toets van gholfsenuwees word uitgestal op die setperke. Die legendariese Sam Snead was iemand wat feitlik regdeur sy lang en roemryke loopbaan deur die setperk-gholfsenuwees gery is.

Snead was ’n plattelandse seun en is in deur baie mense as ’n “hillbilly” beskou. Op die gholfbaan was hy ’n “natural” en het een van die mees vloeiende gholfswaaie ooit gehad. Tom Watson en ander beroepspelers het al gesê dat wanneer hulle sukkel met hul gholfswaairitme, dan kyk hulle op You Tube hoe Snead dit gedoen het.

Na sy dood het die New York Times as volg oor hom geskryf:

“As a Tour rookie, he won five times, including his second start, in the Oakland Open in California. Told the next day that a news agency photo of him had appeared in The New York Times, he said:

”How’d they get my picture? I’ve never been in New York in my life.”

It was this saying that fostered Sam Snead’s hillbilly image.

A popular saying of Snead was: ”Keep close count of your nickels and dimes, stay away from whiskey, and never concede a putt.”

Snead het sewe meestertoernooie (“majors”) en 81 toernooie in die VSA PGA-reeks gewen – sy ouderdom klokslag geklop – en op 71 jaar het hy ’n ronde van 60 gespeel. Snead het egter een groot “draw back” in sy spel gehad en dit was die “yips”.

Later in sy loopbaan het hy croquet-styl geset, met die bal tussen sy bene, maar die R&A het hom verbied en gesê ’n speler moet langs die bal staan as hy enige hou (insluitende sethoue) uitvoer.

Toe het Snead langsaan die bal gestaan met sy lyf, bene en voete na die putjie gedraai en met sy regterhand feitlik teenaan die “blade” van sy “putter” het hy geset.

Waar het Snead aan die “yips” gekom? ’n Vriend van hom het die volgende daaroor vertel:

“Sam was nie ’n ou vir drankies en dobbel nie, maar hy het nooit nee gese vir ’n weddenskap in gholf nie en weddenskappe het hy omtrent nooit verloor het nie

Een dag by sy tuisklub word hy deur ’n nuwe lid uitgedaag vir ’n “matchplay game”. Hy het dit soos gewoonlik aanvaar.

Die nuwe lid het vir Sam gesê hy sal teen hom speel, maar daar is ’n paar dinge waarop hulle eers moet ooreenkom:

  • Ek is ’n 14 voorgee en ’n plus 4 – so ek “stroke” op elke putjie;
  • Jy is gewoond om voor groot skares te speel – ek nie. Daarom is dit net ek en jy op die baan.
  • Ek kry twee “gotchas” per ronde.

Sam het nie geweet wat is ’n “gotcha” nie, maar hy was so vol vertroue hy sou wen dat hy nie die uitdager daaroor uitgevra het nie. Die volgende oggend is die twee alleen op die baan vir hul “matchplay”-stryd.

’n Paar uur later het Sam met hangskouers by die kroeg aangekom.

Wat het gebeur Sam, het jy verloor?

Ja!

Wat het dan gebeur?

Man op die eerste gaatjie het hy ’n “bogey” gemaak en ek het ’n 8 voet “putt vir par” gehad. Die perd het agter my kom staan toe ek die “ball address” en net toe ek my “putter” terugtrek, gryp hy my tussen die bene terwyl hy kliphard skree “gotcha”!

Ek het dié “putt” gemis asook die volgende twee “putts” en die putjie verloor.

Maar dis maar net 1 putjie, het jy op die ander 17 putjies sleg gespeel?

Nee, ek het die bal puik geslaan en al die “greens in regulation” behaal en al die “par 5’s” het ek opgeslaan in twee

Maar hoe kon jy dan verloor?

“Wel, op elke setperk het die perd reg agter my gaan staan en boy oh boy ek kon eenvoudig nie set nie want ek het geweet die ou het nog een gotcha oor! Dis daar waar my bewerasies op die setperke begin het.”

Daar is al baie navorsing gedoen oor redes hoekom gholfspelers ophou om te speel. Die twee vernaamste redes wat uit hierdie ondersoeke gekom het, is:

  • Gholf is ’n duur sport; en
  • Gholf neem te lank.

Stadige spel is ’n groot kopseer in gholf en dit is nie lekker om te wag op elke putjie vir die manne of vroue voor jou nie!

’n Groot rede hoekom spel so stadig is, is dat spelers eenvoudig te veel tyd neem voordat hulle houe speel. Grassies word in die lug gegooi, ’n paar oefenhoue word eers uitgevoer en baie kere word die stok dan vir ’n ander ene verruil.

Oplossings daarvoor? Daar is ’n beweging wat voorstel dat gholfspelers wêreldwyd begin speel soos die ou Skotte die spel gespeel het. Die ou Skot het by sy bal gekom – ’n stok gekies en sy hou gespeel. Nie soos die Amerikaners (wat hou daarvan om te probeer lyk soos ’n PGA beroepspeler op die baan nie) en gevolglik gedurig grassies in die lug gooi en van stokke verander nie.

Die volgende verhaaltjie onderstreep die verskil tussen die Skotte en die Amerikaners:

Een dag by St Andrews daag ’n Amerikaanse amateur op met gholftoerusting uit die boonste rakke – stokke, groot PGA toersak en die nuuste gholfklere.

Op die eerste bof het hy ’n hele paar keer grassies uit die grond gepluk en in die lug gegooi. Later vra hy vir sy Skotse Caddie: “What do you think?”

Die Caddy het die Amerikaner nageboots en ook grassies in die lug gegooi en toe gesê: “I think the wind has come up, sir; you better put on your Sweater!”

Van caddies gepraat – Simon Hobday een van Suid-Afrika se beste gholfspelers van alle tye het deur sy lang loopbaan baie probleme met caddies gehad (terloops baie kenners insluitende die bekende afrigter Dave Leadbetter meen dat Ben Hogan en Hobday se gholfswaai die beste van alle tye is).

Buiten caddies het Hobday het ook maar sy probleme op die setperke gehad. Hy het altyd geglo die gholfgode is teen hom.

Hobday speel een keer saam met David Frost op die Gary Player Country Club en waar Frost omtrent al sy sethoue inslaan kon Hobday nie die bal in die putjie kry nie.

Die volgende dag sou hulle weer saam speel. In daardie jare het Frost gereeld met ’n groot strooihoed op sy kop gespeel.

Voor die ronde gaan koop Hobday vir hom so ’n groot strooihoed soos Frost met dieselfde kleur en skryf met ’n Coki-pen op die hoed se rand: David Frost.

Wonder bo wonder slaan Hobday 3 goeie sethoue in op die eerste 3 putjies en is 2 houe onder baansyfer. Op die 4de setperk drie putt hy egter vanaf 20 voet en dis toe dat hy sy hoed van sy kop pluk en met sy vinger na boontoe in die lug skree: “It did not take you long to find out that I am not David Frost.”

Pine Valley verhaaltjie

’n Onderwerp waaroor gholfspelers graag praat, is watter gholfbaan die beste in die land is.

Gholfbane in die wereld word jaarliks gegradeer om vas te stel wat is die top-bane in die land asook in die wêreld.

Die Pine Valley-gholfbaan in New Jersey VSA het die eer gehad om ’n paar keer aangewys te word as die top-baan in die wêreld asook die top-baan van die VSA.

Maar Pine Valley word ook as een van die moeilikste bane in die wêreld – indien nie die heel moeilikste nie – beskou.

In die geskrifte oor die Pine Valley-baan is daar talle geskrifte en verhale hoe moeilik spelers die baan vind. Een geval was die die speler wat ’n baie goeie 38 oor die eerste 9 gespeel het en toe 38 houe op die tiende putjie behaal het.

Maar die mooiste verhaal het in 1951 gebeur en word soos volg in die Pine Valley-klubannale gerapporteer:

Woodie Platt was an excellent amateur player in his day. In the summer of 1951 he had the greatest start in the history of Pine Valley. He birdied the 1st hole, then holed his approach shot on the 2nd hole for an eagle. At the par 3 3rd hole he recorded a hole in one and then drained a putt for birdie on the 4th hole. Six under through 4 holes at Pine Valley is not too bad. In the short walk from the 4th green to the 5th tee box players walk right past the clubhouse. Woodie decided to go inside for a drink to help calm his nerves before carrying on his spectacular round at the par 3 5th hole (226 yards). He never came out of the clubhouse. He decided that it could only get worse and that he should quit while he was ahead. Can’t say I blame him.”

Gholf is ’n spel wat omtrent altyd jou baas is, maar elkeen kry hul oomblik in die son op die gholfbaan, soos die wenners op PRG se gholfdag. Geniet dit en weer eens dankie aan almal.