The devasting fires recently in Knysna made our Archivist MARIENA KOTZE recall the interesting connection Paul Roos Gymnasium has with the founding family of this unique Garden Route town and the legends that surround them.
In Januarie 2004 vertel Matthias Streicher (2008), toe in graad 8, tydens ′n besoek aan die argief, dat sy oupagrootjie, George Rex Duthie (1889 – 1962), ′n oud-skolier van Paul Roos Gimnasium is. Niks uitsonderliks in die lig daarvan dat die skool al in 1866 tot stand gekom het nie, tot hy byvoeg dat Duthie se oupagrootjie op sy beurt die legendariese stigter van Knysna, George Rex, was.
Patricia Storrar skryf in haar boek George Rex: Death of a legend, wat in 1974 verskyn, die volgende oor dié historiese figuur: “Legends tend to gain weight with age, especially legends with a touch of the purple to them. Such a legend is the one which has been widely accepted – and not only in South Africa – that George Rex, a lawyer who became Marshal of the Vice-Admiralty Court at the Cape of Good Hope during the first British occupation, was a legitimate or natural son of Prince George of Hanover (afterwards King George 111 of Britain) and Hannah Lightfoot ‘the fair Quaker’.”
George Rex Duthie is by die Belvidere kerkie (Holy Trinity Church) in Knysna begrawe en waarskynlik is sy oupagrootjie se grafsteen ook van sy plaas, Melkhoutkraal, na die kerkhof verskuif.
Die onlangse vernietigende brande in Knysna het die tuine van Belvidere bereik, maar gelukkig is die kerkgebou nie deur die brand getref nie. Dit is een van ongeveer 40 kerke in Suid- Afrika wat deur Sophia Gray, vrou van die eertydse Anglikaanse biskop Robert Gray, ontwerp is.
Matthias Streicher se oupagrootjie, George Rex Duthie, het in 1906 matriek aan die Stellenbosch Boys’ High School geslaag en het daarna nog ′n paar jaar as ′n student en Wilgenhoffer op Stellenbosch vertoef. Tydens die Eerste Wêreldoorlog vertrek hy en sy broer, Raymond, na Brittanje waar hul albei as waar hulle albei as vlieëniers opgelei is.
Met sy terugkeer na Knysna sluit hy aan by die bekende Thesen Houtfirma. Hy word later besturende direkteur en beklee die pos in dié pos tot en met sy aftrede.
Duthie is in 1935 met Lucy Allan van Cradock getroud. Hul dogter, Mary Bergitha, trou met Jacobus van Eeden en hul dogter, Lucia van Eeden, word die eggenote van Dirkie Streicher. Hierdie egpaar is ons Paul Rooser se ouers .
′n Mens wil nie altyd ′n goeie storie rondom Knysna se stigter met die werklike feite bederf nie. Dit verskyn op blady 167 van Patricia Storrar se boek.
Mariena Kotze
PRG Argief
