Edition / Uitgawe Dec 2017

Paul Roos as hoof van Worcester Boys’ High School

Paul Roos was van Oktober 1908 tot Maart 1910 hoof van Worcester Boys’ High School voordat hy in April 1910 die rektor van die Stellenbosch Hoër Jongenskool word. Hier het hy 30 jaar die rektorspos beklee en ‘n onvergeetlike hoof geword toe die skool in 1946 na hom vernoem is.

Op die foto sit Oom Polla voor in die middel. Die foto is in 1908 geneem, m.a.w. in sy heel eerste kwartaal as hoof op Worcester. Agter, in die middel, is mnr. Benjamin (hy was die twaalfde kind) Petrus Eybers wat op Beaufort -Wes grootgeword het. Ben Eybers is in 1913 deur Paul Roos aangestel as wiskunde-onderwyser by die Stellenbosch Hoër Jongenskool waar hy slegs ‘n jaar was voordat hy self hoof op Worcester geword het vir 27 jaar. Nog ‘n oud-onderwyser van die Stellenbosch HJS, mnr.Gawie Rossouw, verskyn heel links in die agterste ry.

Mariena Kotze
PRG Argief