Edition / Uitgawe Jun 2018

Old Boy se boek oor die Inge Lotz-hofsaak

Barry Pienaar (1973-klas) het onlangs eksemplare van sy boek “Freddy Boy” – the untold story aan die skool geskenk.

Die moord op Inge Lotz in Maart 2005 en die daaropvolgende hofsaak teen haar vriend, Fred van der Vyver, was een van die opspraakwekkendste moordverhore nog in Suid-Afrika. Barry was een van Fred van der Vyver se advokate.

According to the back blurb of the book:

“The police and the general public were convinced that Fred was guilty, but his lawyers thought that they were representing the most frightening of clients: an innocent man.

”Barry Pienaar is one of the advocates who acted on Fred’s behalf and here we get an unique and personal view of the facts presented at the trial and with what was going on behind the scenes, both before and after the verdict was given. We are carefully led through the circumstantial evidence that was presented by the prosecution and that given by the defence’s expert witnesses.

“It is likely that a lot of readers believe that Fred murdered Inge. Having met and worked with Fred since 23 February 2006, Barry believes that he did not do it. However, he provides a balanced and objective account.

Is Fred guilty or innocent? Read the book and decide.”

In ʼn brief aan Mariena Kotze van ons argief, skryf Barry dat hy in Cradock grootgeword het en vir sy laaste twee hoërskooljare Paul Roos toe gekom het. Hier het hy wonderlike tye beleef…

“Ek was nie ʼn akademiese reus nie (so daar is hoop vir almal), maar ek was bevoorreg om eerstespanrugby en -tennis te speel, en was kaptein van sowel die eerste krieketspan as die Boland-skolespan. Skip Krige was ons rugbykaptein asook kaptein van die WP-Cravenweekspan.

“Prima was daardie tyd baie goed in sport en het heelparty spelers in die eerste rugbyspan gehad. Saam met my in Prima was bekendes soos George Rautenbach, Agie Koch, Harry Erasmus, Gans Coetzee en nog vele ander.

“Ek was in 1974 en 1975 in die Weermag, en het daarna my LLB op Stellenbosch verwerf. Ek het vir drie jaar aangekla en het in 1984 begin praktiseer as ʼn advokaat, wat ek nog steeds doen.

“Soos in my boek, wil ek ook net baie dankie aan Paul Roos sê vir die wonderlike geleentheid en goeie tye wat dit aan my verskaf het. Baie geluk ook aan die eerste rugbyspan wat sulke fantastiese rugby speel.”