Casper Geustyn, ’n Old Boy van 2006 en deesdae ’n prokureur, is op 11 Augustus 2018 op die Diamant-landgoed in die Paarl met Annemien Ehlers getroud. Sy pa, Willem (Geus) Geustyn, ’n old boy van 1977, is in 2016 oorlede. In die agtergrond is dr Braam Hanekom, wat hulle in die huwelik bevestig het. Braam is ook ’n Old Boy van 1977 en was ’n klasmaat van Casper se pa.

