Betrokkenheid van lede is die kern-faktor vir sukses in enige organisasie, en soveel te meer vir ’n oudskoliere-unie. Daar is so baie maniere om jou belangstelling te toon, maar sekerlik een van die belangrikstes is om die Algemene Jaarvergadering by te woon en deurtastende vrae op die onderskeie verslae te stel.
The Annual General Meeting of the Paul Roos Old Boys Union this year will be held on Friday 17 May and it will be followed by a dinner. The full invitation can be seen elsewhere in this news blog. We hope to see you there!
Tegnologie maak dit deesdae al hoe makliker om ook geldelik tot jou organisasie by te dra. Ons het nou ook ’n Zapper-kode, wat gebruik kan word vir enige OSU betaling, soos vir ledegeld, die AJV/Massareünie, jaargroepreünies, memorabilia en spesiale aanbiedinge.
If you are a rugby fan like most of us, the World Sport Festival taking place at our Alma Mater from 26 to 30 March should not be missed. Taking on a Ryder Cup-format the ten best South African rugby schools will play against the ten best of the rest of the world. Read all about this unique event elsewhere in this edition of the news blog, get your tickets and be here to support our youngsters to retain the cup for South Africa.
Tradisie is een van die ander hoekstene van ’n skool soos PRG en dit word treffend uitgebeeld in die foto hierbo: die grondleggers, reeds in graniet verewig, en die nuwelinge wat oor die volgende vyf jaar gevorm en afgerond gaan word, bymekaar. Dit laat ’n mens tot in jou diepste wese lekker kry om te sien hoe die verlede en die toekoms vir ’n oomblik ontmoet.
Enjoy the read and remember that your feedback is appreciated.

