Edition / Uitgawe Sep 2019

Voorsittersverslag / Chairman’s message

Geagte Old Boy

Die derde kwartaal was vol aktiwiteite en daar het ‘n hele paar dinge gebeur om op trots te wees.

Gustav, rektor André van Staden en Mar’c Scholtz (Grey-kollege Reünie se voorsitter) in ‘n gesellige luim.

Die Subkomitee vir Rugby het ‘n baie geslaagde Interskole-dinee gereël. Die doel was om fondse vir die bevordering van rugby by die skool in te win. Die aand is deur meer as 500 gaste bygewoon en die fondsinsamelingsdoelwit is bereik. Baie dankie aan Francois Schoombee (1978) en sy span vir ‘n voortreflike aand!

After the Thursday evening’s festivities, we played golf against the Grey College Old Boys and kept our ascendance by winning again!  This event was started in 2003 and has grown from strength to strength. A foundation was established to sponsor a learner for five years, rotating between the two schools. The current recipient is from Paul Roos. This year we had the honor of having Dr Edwin Hertzog (1966) and Johan Carinus (1971) as part of our winning team. To all participating Old Boys, an immense thank you!

Paul Roos Old Boys’ winning team 2019

Die Pollas (streeksontwikkeling ) is aan die gang met die Londen-Polla, onder leiding van Cobus Visagie (1991), wat aan die woeker is om die skool te help met beurse vir behoeftige leerders. Hulle is ook besig om meer informele bymekaarkomste te reël. Chris Theron is in die proses om Old Boys te identifiseer wat die voortou kan neem met die reël van streekbyeenkomste.

The Gauteng reunion is on Saturday 19 October 2019 in Johannesburg and we urge all Gautengers to try and attend this family afternoon at Jean Meiring’s house. At last year’s event it was raining, but that did not dampen the spirits at all. The OBU will be sponsoring all 1967 and prior Old Boys for this event.

Ons sien ook uit om weer ons “senior” Old Boys, Theo Mey (1963) se term, op 4 Oktober te onthaal by die jaarlikse middagete wat deur die OSU geborg word. Alle oud-skoliere van 1967 en vroeër is welkom, gades ook teen ‘n geringe koste. Laat weet asseblief dringend vir Elza, indien julle dit nog nie gedoen het nie.

Sameroepers van die jaargroepe wat volgende jaar reünie wil hou, word versoek om dit saam met die massareünie oor die naweek van 22-23 Mei 2020 te doen. Vir die skool is dit net soveel makliker om ‘n goeie ervaring aan die reüniegangers te bied as daar net een groot dag is om na om te sien.

Vriendelike groete van jul Old Boys-komitee.

Gustav Potgieter

Voorsitter
083 302 1525
gustav@aurumtrust.co.za