Op Vrydag 8 November het die klas van 1959 hul 60-jaarreünie gehou op dieselfde dag wat die skool Herinneringsdag herdenk het.
Vroegoggend is 21 1959 Old Boys en hul gades verwelkom by hul alma mater en het hulle ook die Herinneringsdag-plegtigheid bygewoon.
Na afloop van die plegtigheid is middagete geniet by Markötter, waar ou skoolstories hulle laat skater het van die lag.
Paul Roos Gimnasium is besonder bevoorreg dat daar na soveel jare steeds Old Boys is wat hul alma mater onthou, besoek en saamkuier.




