Die Rektorsboodskap by die onthulling van drie Blou Gedenkplate op drie van Paul Roos Gimanisum se historiese geboue het ons te laat ontvang om in te sluit by ons vorige nuusblog, waarin daar dekking aan hierdie besondere geleentheid gegee is.
In sy rede het mnr André van Staden op aangrypende wyse die betekenis van die gebeure so saamgevat dat ons graag met Old Boys wil deel.
Hy gee die versekering dat die bewaring van ons drie historiese geboue baie belangrik is en baie moeite gedoen word om hul historiese karakter te behou.
Die rektor wys op die reuse-rol wat Paul Roosers in die dinamiese ontwikkeling van ons land speel en gespeel het. As ‘n skool in die moderne wêreld rus PRG sy leerders steeds toe om hul plek vol te staan.
Al fokus die skool op die toekoms, sal hy nooit vergeet om met trots op ons tradisies en prestasies terug te kyk nie. Mnr Van Staden het die skool opnuut verbind tot sy sewe kosbare en tydlose waardes.
Lees die volledige boodskap deur hier te klik.
